deur Hans:
Hierdie phenomena se oorsprong en bestaan is te danke aan twee sub-groepe van die Afrikaanse 'volk'. Eerstens het jy die gesamentlike subgenus van Afrikaners wat voorkom in die Oos-Rand, Krugersdorp asook die buitewyke van Pretoria en tweedens het jy die unieke genus wat slegs in die republiek van Potchefstroom te vinde is.
Kom ons fokus vir eers op die eerste subspesie (Oos-Rand/Pretoria):
Mans van hierdie genus kan maklik herken word aan 'n gelerige voorkoms (lewer versaking) asook rooi aartjies om die neus-area. Vroumense van hierdie subgenus is in baie gevalle bietjie misvorm as gevolg van bloedskande/harde arbeid of familie geweld (hulle is baie territorial) – maar in meeste gevalle kan hulle maklik herken word aan hulle kop-bedekking aangesien hulle 'n vreemde voorliefde vir peroxide en/of bloedrooi haar/koek kleursel het.
Hulle habitat word gekenmerk deur porseleinbeelde van bulldogs en dwergies, leë bottels drank, hondekak en die stank van drome wat nooit gerealiseer het nie.
Hierdie sub-spesie hou van 'n eentonige, konstante tipe ritme wat 'n eenvoudige boodskap oordra, soos byvoorbeeld die legendariese Kaptein van Kurt Darren: "daar oor die horison wag sy vir my. Kaptein – span die seile Kaptein – sy is myne daar waar die son gaan lê, het sy gesê sy wag oh oh oh oh oh oh sy wag vir my".
Daar is baie bespiegeling oor hoekom hierdie geraas juis soveel aanklank vind onder hierdie tipe spesie maar die volgende redes is nou algemeen ge-aanvaar in die scientific community:
1.) Alcohol fetal syndrome.
2.) Mense hou nie van dinge wat hulle verstaan nie en hierdie genus verstaan bittermin.
3.) Hulle beperkte ritme en beweging kan aanpas na hierdie tipe musiek.
4.) Dit lok karpe.
Jou tweede spesie is baie minder versprei en kom voor in die sovereign republiek van Potchefstroom (in rare gevalle versprei hulle so wyd soos Tukkies en Bloemfontein). Unieke eienskappe onder die manlike geslag van hierdie groep is die kontras tussen hulle baie skraal onderlyf (bene) en onnatuurlike vergrote bolyf (bors en bisepte) – hulle voorkoms kan dus vergelyk word aan 'n gorilla met polio. Vroumense van hierdie genus is relatief moeilik om te identifiseer aangesien hulle baie aanpasbaar is. Daar is egter unieke eienskappe wat vorendag kom – die maklikste manier van identifikasie is 'n eenvoudige tegniek wat behels dat jy 'n kamera voor die subject matter se gesig hou, indien die lippe die vorm van 'n eend aanneem is dit 'n definitiewe teken van Africanus Potchzefstromius ('n akkedis tattoo naby die pantylyn of 'n skoenlapper op die hak is ook tell tale signs).
Hulle habitat word gewoonlik gekenmerk deur protein shakes, gym toerusting, plastiek plante, posters van feëtjies, onderwyshandboeke en baie haarstylprodukte. Daar word tans studies gedoen oor hierdie spesie se onverklaarbare aantrekking tot die 'Monster' brand.
Die spesie se musiekstyl is meer energiek en vinniger van tempo as die Gauteng genus se smaak, dog net so kak. Dit wissel van 'n meer 'agressiewe' style – straatlighonde tot 'n vreemde nasale geneulery – glaskas. Liedjies word dikwels gesteel van oorsese kunstenaars en herhaaldelik verkrag; kom ons vat snotkop se verkakking van Offspring se treffer 'My Friend's Got a Girlfriend' as 'n voorbeeld:
"My vriend het 'n meisie en hy haat daai bitch / Hy kerm elke donnerse dag / Hy se dis nou tyd om daai girl te los / Hy gaan crack as hy langer wag"
Redes vir hierdie spesie se aangetrokkenheid tot hierdie musiek:
1.) Chemiese wanbalanse as gevolg van steroid misbruik.
2.) Onderdrukte subliminal sataniese boodskappe in die lirieke.
3.) want dis kak cool.
Watkykjy staan op 3,065,752 post views in totaal sedert 1 November, 2019.