Nou onlangs sit ek en smaail vir die flou storm in 'n teacup oor Lady Gaga en hoe sy eintlik die bruid van Satan is. Kompleet met vyfmens optogte êrens in die middel van nêrens. Fokken simpel man. Dom.
Terselfdertyd chat ek chat lekker met die mense oor Oom Rodney Seale destyds met sy "Rock: Jou reg om te weet" boeke en praatjies oor hoe evil musiek is. Kyk net! Kyk! Versteekte boodskappe! Backward masking! Boney M! Queen! Billy Joel! It's fun to smoke marijuana! Oeps, jammer ek bedoel eintlik…
*kom terug geskuifel met rooi oë, knip hulle stadig, staar in die verte in, haal diep asem en vou japon weer toe…*
Ja… Kyk… man, ons is almal mooi groot en voor ons mooi groot was, was ons ook nie fokken simpel nie. Maybe niks gewoond nie, veral as jy van die Vaaldriehoek af kom, maar nie fokken simpel nie. Kinders is kinders, hulle wil doen wat verkeerd is, dis nou maar eenmaal fokken so. Sal fokken nooit verander nie. Rebels is rebels, met of sonder 'n clue.
En metal was verkeerd pappie. Big time. Veral destyds, in die fucked-up polisiestaat wat regses beskryf as "die goeie ou dae". Ek meen, hulle het 'n blow-up doll uit 'n Ugly Kid Joe musiekvideo gesny. Ugly Kid Joe. Fokken swape.
Wat vir my particularly snaaks is, is hoe silly baie van hierdie musiek en prente en goed is. Ek is 'n moerse metalhead, al vroeg van kindsbeen af en dis genuine nou nie asof ek katte slag of hekse op altare spyker nie. Ek daai nie eers my hare nie.
Maar ek sê jou wat, moenie my woord vat nie. Fok dit. Kom saam, vat my klou en ek wys vir jou daar is niks om voor bang te wees nie. Geen monster in die metaalkas nie. Of nie 'n baie scary ene nie. Dis net fun en games, ou pellie. Ons fok so bietjie met mense. Kom, kom kyk hierso… Kom hier in my ou studeerkamertjie… Kom… Ja, kom nader, sallie bytie… So ja… Wat het ons hier?
1. Uriah Heep – Abominog (1982)
Okay okay ek stem saam, dis pretty fokken vieslik dié. Maar kyk nader, ou Abey het eintlik 'n sjimpansee se features om die gesig (oulik!) en oulike vlerrie ore onder sy partytjie horinkies. En ja die tande pla, maar dis darem maar 'n vrek groot smaail op sy smoel. Supersmaail. Om als te kroon is dit nie eers metal nie, net lekker rock en roll. Skadeloos. Wat's volgende?
2. Metallica – Jump in the Fire (1984)
Fair enough, die titel en prentjie saam doen die album niks gunse onder kerkmense nie. Wat wel opvallend is, is die duiwel se six-pack maag. Dit wil voorkom of mens nogal fiks bly in die Hel en ook dat duiwels (Of demone? Nie seker oor die korrekte morfologie nie, sal moet navors.) gesiglangs na kakkerlakke trek terwyl hulle torsogewys mense na-aap. Verbysterend. Beslis verdere studie werd.
3. Slayer – Show No Mercy (1983)
Kamaan! Kamaan! Wie was bang vir hierdie skrale Bokmannetjie? Ja sure, daar is pentagramme en bloed en bokkoppe, maar dit lyk soos 'n baie jong kind se poging om sy pappa te skets as SuperBok. As die duiwel rerig so lyk, hang ek 'n fluitjie om sy nek en laat hom Super 15 blaas. Genuine.
4. Black Sabbath – Born Again (1983)
Eerstens, ek stem. Dis 'n vieslike cover vir 'n vieslike album. Dis musiekgewys vieslik ('n weak Sabbath album) en graphically vieslik (net in terme van kleurgebruik en decent design principles). Babas het geen plek in metal nie. En rooi vampier babas met geel naels nog minder. Meer swak styl as Satanisties. Next!
5. Iron Maiden – The Trooper (1983)
'n Soliede Rodney Seale voorbeeld. The real deal hierdie, hou vas daai blouse. Ou Eddie – dis die duiwel/demoon/soldaat – se naam, het 666 op sy lapel aangewerk so natuurlik is hy straight uit die Hel. Alhoewel die lirieke gaan oor die Charge of the Lightbrigade. En Eddie 'n Union Jack dra. HA! Amper vang die duiwel jou die fok uit! Dis net hoe hy werk, die fokken bliksem! Lekker fokken skelm!
6. Venom – Welcome to Hell (1981)
Wat hierdie ene lekker maak is dat dit duiwelssimboliek so goed verduidelik. So eerstens het jy die bokkop (obviously evil, bokke is fokken aaklike diere) en dan die pentagram om die bokkop. Die pentagram simboliseer in fact actually die bokkop, wat op sy beurt die duiwel simboliseer. Soos 'n spieël in 'n raaisel, alhoewel dit eintlik 'n bokkop in 'n stervormpie is. En dan lyk die bok nog half menslik. Ek hoor jou. Koeël. Kerk. Skerwe. Veral as die shocker spog met 'n titel soos "Welcome to Hell". Baie, baie stout. Baie.
Fok dit. My opinie is dit. As jy gaan val vir sulke simpel goed en kinderagtige prentjies, wil ek jou anyway nie aan my kant hê nie. Die goed is daar om te skok, sure, maar jy hoef nie die simpel poes te wees wat jou pere afskrik vir koue pampoen (of swakgetekende bokkoppe) nie. As jy nou religious is en die vuur voer (haha, naais Chopper – die vuur – bonuspunt) gaan die ouens net meer gas gee. Rightfully so. Jy fokken tender mos.
Laat ons metalheads ons swart klere dra, ons koppe gooi en mekaar die devil horns tune net soos ons fokken wil. Ons glo ook nie die kak nie, maar like die tunes en die vibe en die chicks in swart en die Satie grappies. Los ons net fokken uit want julle verstaan ons anyway nie en dis hoekom ons so optree. Oor julle fokken fokkers.
*sit musiek poeshard aan en slaan deur toe*
Vlieg fokken hel toe. Once.
N.S. Sien nounet al die albums wat ek lukraak vir hierdie artikel gekies het is uit die vroeë tagtigs. Wat kon dit beteken? Miskien beteken dit dat die eighties evil is. Of dat die Apartheidsregering en Rodney Seale reg was, die duiwel het ons amper oorgevat in die eighties. Run! Run… to… the… hiiiiillllss!
Watkykjy staan op 3,048,722 post views in totaal sedert 1 November, 2019.