Na 37 jaar sedert die immortal Riaan Cruywagen die eerste keer die nuus begin lees het op Suid-Afrikaanse TV is dit nou tyd vir hom om af tree. Gedurende sy career het hy meer as 8000 keer die Afrikaanse nuus gelees. Van julle sal hom ook onthou as die stem van Haasdas in Haasdas se Nuuskas. Rekords vir SABC2 se kykergetalle het heel moontlik gisteraand gekak tydens sy laaste nuusbulletin. SABC2 kan nou maar net sowel toemaak want niemand wil meer die nuus kyk sonder Cruy-Cruy nie.
Riaan reken dat hy nou meer tyd met sy kleinkinders gaan spandeer terwyl hy ‘n krimpie word, maar ons almal weet dis een moerse fokken leuen! Ons almal weet dat hy Benjamin Button vibes gooi. Gaan kyk na sy foto’s oor die jare. Die ou is besig om jonger te word. Word on the street is dat hy besig is om Riaan’s Rapid Rejuvenating & Life Extension Serum uit te bring. Dit sal in die vorm van ‘n enkele bloedspatsel verkoop word wat jy binne ‘n uur vandat dit Riaan se liggaam verlaat, moet inspuit. Elke druppel sal jou lewe met ses maande verleng en jy mag slegs elke drie maande een druppel koop. Die druppels sal verkoop teen dieselfde prys as ‘n MacBook Pro en dienooreenkomstig opgaan soos wat Mac se pryse styg. Riaan Cruywagen sal dus die grootse enkele ekonomie op aarde word.
Ons het probeer om op Google Earth vas te stel waar die Fountain of Youth is, aangesien Riaan se huis reg bokant dit gebou is. Al wat ons kon sien is een moerse blur bokant Boskruin in Randurg, so ons vermoed dat dit in daardie omgewing is…
As jy dit gemis het, kan jy hierso kyk na Riaan Cruywagen se laaste paar woorde op die nuus:
Watkykjy staan op 3,084,304 post views in totaal sedert 1 November, 2019.