In 1981 was daar definitief 'n klomp thrash metal bands wat hulle eie gatte kon skop omdat hulle nie eerste aan die naam "Metallica" gedink het nie. Die ouens staan nog sterk na meer as dertig jaar en kom volgende jaar April weer Suid-Afrika toe. Die laaste keer toe hulle hier was, was in 2006 en dit was nogal 'n fokken gemors gewees, want Coke Fest.
Maak jouselwers reg om mense sonder linkerballe en arms en bene in die crowd te kokkenodge want dis blykbaar wat mense reken hulle sal gee om Metallica live te sien. Sulke bleskop vleiskuif ooms met pense wat sulke te klein verbleikte metal shirts gaan dra. Dieselfde ouens wat tune dat Metallica sell-outs is en dan die nuwe musiek kak is en "waddefok het van die ou stuff geword". Dan staan hulle so heel voor en headbang. Sonder hare. Maar moenie komkommer nie hoor, want hulle jol 'n kakhuis vol van die ouer stuff by hulle live gigs. As jy enige van hulle shows op BluRay besit, behoort jy dit te weet. Huh? Waddefok is BluRay? Exactly, jou fokken naai! En word bietjie groot, man – enige band wat so poeslank aan die gang is se musiek sal evolve. Daar is baie laities wat grootgeword het op Metallica se musiek waaaay na die "Black Album", so jy is nie so fokken spesiaal nie, pappa se groot seun. Deal met jou issues. Ons weet jy haat jou werk.
Tickets vir die Joburg show (27 April 2013 – FNB Stadium) begin môreoggend 9am verkoop en range van R340 tot R850. Kaapstad se se tickets (24 April, 2013 – Cape Town Stadium) sal van Donderdag 9am beskikbaar wees en range van R295 tot R850. Julle moet maar vroeg in die ry gaan staan by Computicket se outlets. Ons het klaar ons tickets vir beide shows omdat ons hulle gaan interview. So bietjie piele vleg. Metal piele. Ons is nog nie seker of dit 'n video interview gaan wees nie, want dit sal kief wees om so paar upskirt shots van Lars "Duckface" Ulrich te kry. Hy kan mos partykeer soos 'n fokken meisie tekere gaan…
Nog 'n stukkie goeie nuus is dat Metallica hulle nuwe DVD/BluRay op 10 Desember gaan release. In Suid-Afrika sal dit van 14 Desember af beskikbaar wees. Die DVD format sal 'n double disc wees en die BluRay 'n single disc, want BluRay kraai koning en DVD suig BluRay se zaber. Blykbaar is dit ook in 3D beskikbaar volgens een van ons tjommies wat by die shoot in Quebec was. Oudergewoonte sal ons die DVD vir julle review en as julle al julle groente opvreet sal ons so paar copies hier op Watkykjy ook weggee. Hier is die track listing:
Metallica Quebec DVD track list:
1. "That Was Just Your Life"
2. "The End Of The Line"
3. "The Four Horsemen"
4. "The Shortest Straw"
5. "One"
6. "Broken, Beat & Scarred"
7. "My Apocalypse"
8. "Sad But True"
9. "Welcome Home (Sanitarium)"
10. "The Judas Kiss"
11. "The Day That Never Comes"
12. "Master of Puppets"
13. "Battery"
14. "Nothing Else Matters"
15. "Enter Sandman"
16. "Killing Time"
17. "Whiplash"
18. "Seek & Destroy"
Bonus Songs
19. "For Whom the Bell Tolls"
20. "Holier Than Thou"
21. "Cyanide"
22. "Turn the Page"
23. "All Nightmare Long"
24. "Damage, Inc."
25. "Breadfan"
26. "Phantom Lord"
Hier is ook sommer 'n splinternuwe
trailer van die DVD om jou 'n idee
te gee van wat om te verwag:
En nou kan jy jou kamerdeur agter jou toeklap en The Four Horsemen poeshard aansit en op jou ouers skree "NIEMAND VERSTAAN MY NIE!". Jy bly mos nog by jou ma-hulle. Jy met jou bleskop…
Watkykjy staan op 3,073,826 post views in totaal sedert 1 November, 2019.