Die oom wil glo draad by sy uitlaat stelsel span om die kinders uit te hou
Andre
Hi Griff
Lekker giftige custom Uno convertible wat… nog 'n Uno tow!!
Gesien in Bellville vanmiddag.
Martijn
Jis Griff
Check bietjie die triple cab wat ek naby Perth lughawe gespot het.
Groete
Maseboklam
Yes Griffin
Altwee gespot in roodepoort. Revo se Golf6 GtiM en die mk1 met befokte bumper protection.
Bester
Check hierdie
Doodaa
Howzit,
Gesien op 'n highway hier gister.. Lexus IS 250, pienk mags, pienk trim, barbie sticker in die back window.
Heel pikant…
Riaan
Griff,
Ek het vir “vetseun” reg oorkant die Coca-Cola Dome in Northriding gesien. Die ou het glad nie te “vet” gelyk toe ek verby hom ry nie, wat my laat wonder of dit nie dalk ‘n bynaam vir iets anders van hom is nie…
Andre
Jis Griff,
Het die taxi op Malibongwe in Northriding in-die-ry afgeneem met sy pienk visstok aan die kant vasgemaak, hy vang seker so af en toe ‘n vissie in die moerse slaggat-damme op ons paaie.
Sweet
Andre
Ekt hierdie bakkie in Fochville gespot toe ek die oggend hof toe was, kon egter net die een foto snap.
Groete,
Marloe
Dag Griff,
Gespot op die R21 naby Kempton – ek bel daai ou sommer dadelik, ek kan nie wag om so befok ryk te word dat ek ook 'n 20-jaar oue Sentra kan bekostig nie.
(Terloops – ek wed jou 'n kas KWV dis 'n fokken Amway agent…hulle is soos die Jehovah's Witnesses, net meer aggro.)
Groete,
Prof. Bokdrol.
Yo Griffin,
Hierdie waterkoppie gewaar by Spar in Queenswood
Jacobus
Yes Griff,
Check die oke uit, Merc ML63, dan bragg hy nog met sy mommer plaat ook, nogal creative. Toe Spot ek die vlermuis naby die Castle in Kyalami, so rad op die plate, so rad se moer, daar moet eerder staan F#ck Brad! Ek het die oke met sy Ford strykyster by Clearwater mall gespot, fok drop suspension, hyt eerder raised body gegaan hahaha met so lekker tuin gesprayde two tone job haha
Shap Shoot, Robin Hood
ZeffLou
Watkykjy staan op 3,056,195 post views in totaal sedert 1 November, 2019.