As jy 'n kinners van die 80's is sal jy Mr. T vir een ding onthou: Die A-Team. En ALMAL wou daai fokken zef GMC van gery het. Dit was die coolste kar ooit naas Michael Knight se stuk kak Pontiac. Ons was ook maar lekker fokol gewoond. Jy het daai kak nie in Suid-Afrika gesien nie. Kokkenodge jy dalk daai twee cabbies vandag langs mekaar, skree jy "Jack Parow!" of "Rape!" afhangende in watter woonbuurt jy jouself bevind.
OK, maybe sal jy Mr. T vir twee dinge onthou. Toe jy nog vatbaar was vir bullshit soos Kersvader, die paashaas, apartheid, die Ou Testament en Wrestlemania. Toe Wrestlemania nog kykbaar was. Yup, Mr. T was Hulk Hogan (daai ou wat noudiedag 'n skêr op 'n vol maag gezaber het) se partner in rofstoei. Heros, pappie!
Okay, okay, miskien sal jy hom vir drie dinge onthou. Hy was ook Clubber Lang eh het die rol van die hoof antagonis in Rocky III teenoor Sylvester Stallone vertolk. Vir die standaardgraad kinders: "hoof antagonis" beteken rofweg "die main poes in die movie". Behalwe vir die drie main redes waarvoor jy Mr T sal onthou, wed ek jou tweehonderd kraakvars Randela's jy het vir 'n fok nog nooit hierdie Snicker TV ad gesien nie. Fokken main:
Mr. T is daai crazy oom in die buurt by wie jy nie gaan toktokkie speel of wie se koerant jy steel nie, want hy lyk soos 'n fokken weirdo en hy het heeltemal te veel spiere. Hy lyk soos 'n aartappelsak wat met 'n baseball bat gebliksem is en sy hare freak jou ook uit. Sulke regop punk goeters wat hy in National Geographic oor die Madinka Warriors raakgesien het en toe appropriate het. Dit lyk nog steeds beter as Ninja en Mike Bolhuis se hare om eerlik te wees. En dan dra hy ook nog meer goud om sy nek as wat 'n Suid-Afrikaanse myner op een dag kan uitgrou as hy nie strike nie. Oor daai goud – sy chains, ringe en bracelets was geraam op 'n waarde van ongeveer $300k en dit het hom 'n average van 'n uur geneem om aan te sit. En nog langer om die fokken goed skoon te maak en te polish. Ja, kyk daar op jou TV kabinet. Wat is daai? Stof? Jou fokken lui lummel!
Hierdie bra het actually nogal 'n kleurvolle verlede. Die ou wat julle as B.A. Baracus ken se regte naam is Laurence Tureaud en die T in Mr. T het heel moontlik sy oorsprong in sy van. Hy het fokken arm grootgeword as die jongste kind van 'n string pyporreltjies van twaalf. Imagine jy het vier susters en sewe broers gehad? Fokken chaos kwadraat, ou maat! Jou oupagrootjie sal miskien uitmaak van daai vibes. Boere het mos niks anders gedoen as jag, kerk toe gaan en naai nie. Dis ook hoekom jy met 'n van vir 'n naam sit, is dit nie, Van Resburg Barnard-Jacobs? Thanks, oupagrootjie. Thanks vir fokol! Van arm grootwoord kon jy Mr. T fokol vertel: "As a kid, I got three meals a day. Oatmeal, miss-a-meal and no meal." Jirre, shame man. Dis ook hoekom hy homself so opgebeef het.
In 1975 is hy army toe. 'n Heel standaard move. Amerika en hulle mense smaak hulle army mos stukkend. 'n Jaar later tydens een of ander dril het Mr. T se peletonsersant hom getune om bome af te kap. Klink effens bekend huh? Jy is seker al deur een of ander army drop-out wat in jou houtwerk- of LO meneer verander het getune: "Gaan pluk vir my 'n blaar van daai boom af! Wat? Sien jy nie 'n boom nie?! Nouma fokken hardloop tot jy een sien!" Ons het lig afgekom, ouens. Mr. T het gehardloop tot hy bome gesien het, maar omdat hy nie beveel is hoeveel bome om af te kap nie, het my maar net aanhou kap. 'n Majoor het geskok agtergekom dat die arme bra meer as sewentig bome afgekap het tussen 6:30 en 10:00 die oggend en dit stopgesit. Blerrie stupitte poes van 'n sersant!
Na sy diensplig het Mr. T as 'n bouncer begin graft en dis hier waar hy sy bynaam vir homself gegee het. Dis ook waar hy al sy kakbaie goue chains begin versamel het. Dronkgatte wat hulle chains en jewellery by die night club verloor het na 'n barney met een of ander naai wat skeef gekyk het vir sy tjerrie se gwap. Dit was ook sommer 'n teken dat jy by die club geban was. As Mr. T jou goue kittaaang om sy nek dra, was jy 'n doos. No entry. Double stampies, no erasies. Jy kon hom wel gaan vra het om jou shit terug te kry sonder dat jy 'n poesklap kry. Mr. T was streng. Streng, dog regverdig. As deel van sy bouncing duties moes hy ook drug dealers, pilkoppe en zolkoppe uit die pozzie hou. Gevolglik was hy in meer as tweehonderd fights gewees en mannetjies met houdings het hom dikwels hof toe gesleep. Volgens T het hy nooit 'n hofsaak verloor nie. Dus 'n eerbare crazy fuck.
'n Mens kan ook nie vir die res van jou lewe 'n fokken bouncer wees nie, tensy jy daai bakoor jakkals is wat by Droppas in Hatfield jou oë stadig knip nie. Die volgende trappie op in die food chain is om 'n bodyguard te word en nie daai sagte poefies I-will-always-love-you Kevin Costner en Whitney Houston body guard boktos nie. Regte hardcore shit, my broe. Vir amper tien jaar lank het hy (T, nie Kevin Cosnter nie, jou donkie) mense se lewens opgepas. En 'n blerrie weird kombinasie van mense daarby: sestien hoere (sif!), nege mense op welfare (jirre, wie sal hulle nou bedreig? Hulle het nie eers leë beursies nie), vyf priesters (blykbaar was Jesus met betaalde verlof), agt bankiere, tien onderwysers (seker die hoere se kinders) en besigheidseienaars. Natuurlik het dit vir hom meer street cred in die sakkie gesit. Jy kan net hoër mik na jou clients byvoorbeeld, onderwysers was. Dus het dit naturally progress na sewe klereontwerpers, vyf modelle (ek sou hulle zaber as ek hy was), sewe regters, drie politicians, ses atlete en twee-en-veertig miljoenêrs (nouprajy!) – ouens soos Muhammad Ali, Steve McQueen, Michael Jackson, Leon Spinks, Joe Frazier en Diana Ross waarvoor hy $3,000 tot $10000 per dag gekry het. Geld, my boetie! Vir hierdie duties was 'n 38 special en 'n .357 magnum sy side-kicks gewees. Sy vuiste het moontlik meeste van die praatwerk gedoen. Met daai ringe om sy worsvingers kon hy jou terug in jou ma in slaan. Fokken once!
Soos wat Mr. T een moerse CV vir homself opgebou het, het die weird requests begin instroom: 'Vind my wegloopkind', 'soek my tannie se aangetroude neef', 'poes hierdie ou wat vir ons groot, eerlike firma zak skuld', 'maak asseblief my vriend dood'… Huh? Maak asseblief my vriend dood? Een of ander skiewie het $75k aangebied om sy vriend van die gras af te maak. Sommer so in 'n anonieme koevert met die target se foto en info, 'n vliegtuigkaartjie en vyfduisend skille deposit ingesluit. T het die victim probeer waarsku teen die se tjommie se sluwe planne om hom van Moeder Aarde af te verwyder maar hy was te laat. Die ou is dood in 'n "karongeluk" voor Meneer Eerbaarheid hom kon waarsku.
Dit is dus evident dat die bra ook ietwat van 'n sagte kant het. Jy het net nie 'n idee van die skaal van sagheid nie. Mamma se fokken seuntjie:
Shame man, hoe moes die arme man in die 80s homself indink dat hierdie naff video op die "internet" sy verskyning sou maak op iets met die naam van "YouTube"?
I pity the fool…
I also pity the fool who wears a Santa outfit and has to go through the torture of having Nancy Reagan sit on his lap. Honderd persent presidential krimpie. Honderd persent Mister T.
Nul persent boner…
As die 80s jou vibe is, lees gerus die vorige installments as jy dit vir een of ander rede gemis het:
https://www.watkykjy.co.za/2012/04/kinders-van-die-80s-speelgoed-en-games-deel-1/
https://www.watkykjy.co.za/2012/04/kinders-van-die-80s-speelgoed-en-games-deel-2/
https://www.watkykjy.co.za/2012/06/kinders-van-die-80s-speelgoed-en-games-deel-3/
https://www.watkykjy.co.za/2011/10/so-paar-klappe-uit-die-80s-deel-i/
https://www.watkykjy.co.za/2011/04/suid-afrikaanse-tv-101-shows-wat-jy-miskien-sal-onthou/
Watkykjy staan op 3,048,173 post views in totaal sedert 1 November, 2019.