Die Skynmaagde – Die Kommunis Sokkie

In Kief musiek deur griffin

Ons het julle 'n hele ruk terug voorgestel aan ons tjommies, Die Skynmaagde hierso op Watkykjy. Die ouens het onlangs MK se MVP gewen. Ons dink dit staan vir Musiek Video Projek. Dit het beteken dat daar vir hulle skille gegee is (iets soos R60k) om 'n music video te laat maak vir een van hulle tunes en hulle konsep vir die song Die Kommunis Sokkie is as een van twaalf wenner gekies. Die ander bands wat die groot twaalf opmaak is: aKing, Bicycle Thief, Die Tuindwergies, Gazelle, Jack Parow, Jakkals, P.H. Fat, Shortstraw, Spefwolf, The Plastics en Van Coke Kartel.

Geluk, ballas! Jy kan al die ander entries op MK uitcheck of op Facebook en YouTube gaan soek. Hier is die Skynmaagde se video:

Hierdie post is 429 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,153,163 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinDie Skynmaagde – Die Kommunis Sokkie