Welkom by vandag se vertoning van Bizarre Bedonderde Donderdae. Vir ons voorskou vandag sal ons eers gou-gou kyk na 'n nuwe oplossing vir al die geweld wat die plase in die Kaap getref het. Produkiwiteit is van kardinale belang en daar moet eenvoudig 'n oplossing gevind word om produksie te verhoog om sodoende ons kwynende uitvoermark te stimuleer. Ons benodig 'n nywerheidsrewolusie en hierdie trekker is dalk net die fokken ding wat ons nodig het. Hierdie trekker alleen, behoort ons uit die kak uit te trek, as't ware:
En nou vir vandag se hoofvertoning – meneer Hofmann is baie bekommerd oor sy verloofde se gesondheid. Sy is vir 'n roetine mangeloperasie in HF Verwoerd Hospitaal in Pretoria opgeneem en dinge het lelik skeef geloop. Om alles te kroon, is die nurse ook nogal 'n poes met hom…
Watkykjy staan op 3,090,609 post views in totaal sedert 1 November, 2019.