Groot pryse vir klein piele
Denmark is een van die kleinste lande op aarde, so dis te verstane dat hulle 'n kompetisie sal hou vir ouens met klein piele. 'n Erotic website het besluit die kompetisie te run waarin twee ouens met die kleinste trille elk 'n nuwe iPhone kan wen. Hierdie volg kort op die hakke van 'n vorige kompetisie waarin 'n prys weggegee is vir die "mooiste" piel.
Om deel te neem moet die mans 'n foto snap van sy erekte slangetjie langs 'n maatband en vir hulle stuur. Daar is ook 'n tweede en derde plek, en hoe groter die piel, hoe groter die prys, smaak dit my – tweede en derde plek kry elk 'n iPad. Entries sluit blykbaar 31 Januarie 2013 maar die website het reeds gekak. Vermoedlik omdat hulle oorweldig is deur inskrywings van Suid-Afrika van BMW owners met vanity plates… – Singlesex.dk
'n Ring virre spin
'n Stoutgat veertienjarige laitie in Duitsland het dertigduisend Rand van sy mamma se jewelery gesteel. Die klein kak het die jewels gepawn vir omtrent 'n tiende van die waarde om 'n trippie vir hom en sy tjommie te organise om hoere te gaan pomp. Moerse gaaf van hom om sy buddy te stick virre naai, maar hulle is uitgevang en mamma het 'n saak van diefstal teen haar laitie oopgemaak. In Duitsland is prostitusie nie teen die wet nie en mens kan na hartelus hoere roer, maar jy moet ten minste agtien jaar oud wees… – IOL
Kyk hoe kyk hy vir my
'n Moerse oogbal het verlede week op 'n strand in Florida uitgespoel en soos stupitte Amerikaners maar is, het hulle heavy begin panic. As jy skeef kak daar is dit "zombie apocalypse" voor en agter. Die oog (wat steeds bloederig was) is deur 'n ene Mr Covacci opgetel waarna hy dit huistoe geneem het en in sy fridge gesit het voor hy die polisie gebel het. Imagine daai conversation:
Mr Covacci: "Hello, is dit die polisie?"
Polisie: "Goeiemore, ja dit is. Waarmee kan ons vandag help?"
Mr Covacci: "Ek het 'n moerse fokken oog op die beach opgetel. Dis so groot soos my twee handpalms, dis vol bloed en dit ruik soos poes."
Polisie: "Meneer, waar is die oog tans?"
Mr Covacci: "Dis in my fridge, reg langs my ice lollies en frozen pizza bases."
Polisie: "Moenie 'n vinger roer nie, ons is nou daar."
As jy na die foto van die oog kyk, wat sou jy reken is die eienaar van die oog? My eerste thought was "giant squid". Die regte antwoord is 'n swaardvis. Hulle oë is so poesgroot omdat hulle vir prooi soek in dieptes van tot en met seshonderd meter. Dis verder as wat jy kan hardloop na een sigaret… – The Independant
Dit gee mens 'n pisgril
Hierdie kon net sowel buite Loftus gebeur het voor 'n Bulle match terwyl die marabse met die blou pense braai en suip. In Amerika hou die mense tailgate parties voor NFL matches waar hulle ook suip en braai voor groot matches. Soos met enige groepering van vet, dronk mense sal daar ook dares uitkom. "Hey, Piet! Ek gee jou R50 as jy jou hemp uittrek en oor die pad hardloop na daai poliesvan toe!". In Cleveland het 'n ou sy kop in 'n emmer vol pis gedruk vir $450. Dis ongeveer R4000. Om jou kop 'n emmer vol vreemde mense se pis te druk. As hy dit kan doen, sal hy sweerlik sy tjommie se piel ook afsuig in die middel van 'n rugbyveld.
Watkykjy staan op 3,090,362 post views in totaal sedert 1 November, 2019.