Ons het iewers in verlede maand gou-gou in ons lunch break gaan chat met die cherries van die nuwe band, Blakbyrd: Samantha Heldsinger, Tarryn Lamb en Tamsyn Maker. Hulle is affie Kaap af en het gevorm nadat Tamryn 'n ad in Gumtree uitgesit het om 'n band aanmekaar te sit. Ons was onder die indruk dat Gumtree nie eers vir gewone classifieds werk nie. Iemand wil jou altyd by 'n petrolstasie ontmoet om jou Uno Fire te koop en 'n lem deur jou hart te druk…
Hulle debut album, Strong het eergister die rakke geslaan en is nou landwyd beskikbaar. Vir meer info, check hulle Facebook page uit en die interview wat ons met hulle gedoen het. Ons looi ook sommer hulle eerste music video, All For Me hieronder. Dis dieselfde track wat die SABC gebruik het vir hulle promotional vibes in Augustus.
BlackByrd – All For Me:
Watkykjy staan op 3,112,778 post views in totaal sedert 1 November, 2019.