The Anne Hirsch Show – Francois Van Coke

In Skakels deur griffin

Hierdie chick is fokken akward. Dis min dat mense dit regkry om "awkward" humor af te pull maar Anne Hirsch kry dit reg. Laat mens nogal dink aan "Between Two Ferns" maar miskien meer aan Miranda Hart van die Britse TV show, Miranda. Fokken weirdo.

Ons voel nogal vuil omdat ons haar nou eers ontdek het. Sy is al amper drie jaar lank aan die gang met haar show op YouTube en die views is bietjie laag. Dis die moeite werd om te kyk.

Dis asof ons oorgeblaasde goud ontdek het – effens cheap, maar as jy dit in die son ophou teen die regte angle sal jy ietsie sien.

Check haar nuutste episode uit met Francois Van Coke waar sy krismis in Oktober hou:

Jy kan die res van haar shows check op http://www.annehirsch.co.za/ en haar volg op Twitter: https://twitter.com/Anne_Hirsch

Hierdie post is 69 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,147,071 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinThe Anne Hirsch Show – Francois Van Coke