Hoeveel van die 2010 World Cup Soccer games het jy gaan kyk? Hopelik at least een. En hopelik het jy 'n kakhuis vol kiekies geneem toe jy die matches bygewoon het? Jy het seker al vergeet van al die lekker tye nadat jy albums gaan plak het op Facebook. Gaan kyk bietjie weer na daai memories, want as jy kief foto's geneem het kan hulle dalk net vir jou Castle supply vir 'n jaar lank score. Yup, jy staan die kans om vir twaalf maande lank elke maand 'n kas Castle Lager bier te wen. Dis 288 biere. Amper 'n bier per dag vir die hele jaar lank. Dit cover defnitief elke werksdag van die jaar en so paar Saterdae. Info oor die kompetisie onder die video.
Castle Lager het hulle nuwe campaign "Africa United" ge-launch en is al sedert 1959 groot ondersteuners van sokker in Suid-Afrika. Hierdie jaar celebrate hulle 20 jaar van ondersteuning vir Bafana Bafana, so hulle sal later vir ons kaartjies ook gee om vir julle sokker fans weg te gee vir die 2013 seisoen. Groot games oppad!
O ja, hulle het ook spesiaal hierdie outjies vir Watkykjy laat maak. Pretty fokken spiff huh? Ons eie bier. Charles Glass draai in sy graf om:
En nou vir die kompetisie:
Jy kan twaalf kaste Castle Lager wen (een kas bier per maand vir 'n jaar lank) en hier is hoe:
1. Tweet ons jou beste foto's van die 2010 Soccer World Cup wat jy en jou tjommies bygewoon het na @watkykjy.
2. Die hastag #AfricaUnited moet in jou Tweet wees.
3. Die phrase “It all comes together with a CASTLE” moet ook in jou tweet wees.
4. Volg @CastleLagerSA op Twitter
5. Like Castle Lager se page op Facebook
Jou Tweet sal dus in hierdie format wees: "Hey @watkykjy! It all comes together with a Castle! #AfricaUnited <jou foto>"
Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil met verskillende foto's, solank jy aan die bogenoemde vereistes voldoen. O ja, en jy moet 18 of ouer wees. Ons gaan nie vir kinders bier gee nie.
Die kompetisie sluit Vrydagmiddag 14:30 net voor ons duik en ons sal die wenners op Twitter en hier op Watkykjy aankondig. Ons kies die beste foto en daar sal een wenner wees. Let wel dat jy Castle Lager wen, nie Watkykjy Lager nie. Jy is nog nie so special nie.
Toe, gaan krap deur daai ou foto's. Wat is jou fokken probleem? Soek jy nie bier nie?
Watkykjy staan op 3,048,168 post views in totaal sedert 1 November, 2019.