Mirrag maats,
Laat ek julle nou nie besig hou met kak nie, alhoewel ek reken daar baie van julle is wat nou by die werk sit en daai einste ding doen. Jy moet bypik, daai fokol gaan nie homself gedoen kry nie. Julius is coming, look busy! Nou check, ek is nie 'n man vir fancy shit nie, ek worry nie oor HD PVRs, iPads, iPhones en sulke kak nie. Gee my net 'n ding wat kan bel en phon erotica kan kyk. Maar as daar een ding is waaroor ek 'n needy little bitch is, is dit 'n ordentlike kakpot. Ek was nie een van daai laaities wat by die skool vir Mugabe 'n faks gestuur het tussen periodes nie, partly omdat daar altyd etters was wat jou met nat boudservette bestook het terwyl jy in 'n oomblik van angs vasgekeer was, maar hoofsaaklik omdat die potte FOKKEN WALGLIK was.
Jy weet, want ons almal het uit ouerhuise gekom waar mamma of pappa ons mooi gepottie-train het, mooi geleer het van seat oplig as jy wil pis en van flush as jy klaar is. Dan gaan jy "grootskool" toe en jy vergeet al daai kak sommer gou-gou, want dis cooler om soos 'n fokken dronk hobo die seat, kakrol en hele vloer nat te pis.
Kak higiëne is blykbaar sexy as mens deur puberteit gaan…
'n Vuil toilet kan die verskil wees tussen 'n nare ervaring of 'n wonderlike een. En as jy soos meeste getroue all-bran supporters eerste ding in die oggende gaan kak, dan kan daai ervaring jou dag maak of breek. Dan is daar ook die verskillende designs – sommige het seats wat so slootjie in die middel het? Hulle sit fokken lekker. Ek roep hom die Comfortline. As jy een van daai Saterdagoggende het wat jy dink jy gaan jou longe uitpoefie, dan is hierdie soort nogal 'n blessing. Dan kry jy ook daai outjies wat so moer dun is. Hulle sit kak! As jy daar opstaan wil jou bene buckle want hulle het nie bloedstoevoer nie maar jy keer mooi om nie te val nie want hoe explain jy daai een aanjou tjommies?
"Jirr bra, waar kom die blou oog vandaan?"
"Um wel ek het te lank op die kakhuis gesit en toe ek opstaan toe collapse ek en stamp my gevriet teen die deurhandle…"
Dan kan jy liewer net tune jou vrou het jou gebliksem. Minder blaaint. En dan is daar die dreaded plastiek seats: hulle het altyd so moerse skurwe surface wat voel of iemand hom met 'n sander of broodmes beetgekry het. Jou ma kan haar growwe hakskene op hom gaan skuur. What's up with that? Dis baie soos om te moet sit en SABC kyk – dis die lewe se manier om jou te tune jy's poes arm en dan jou gesig daarin te vryf. Jy kyk Stokvel dan dink jy "hoe de fok het ek so min bereik in die lewe? Moet ek eers myself sny en dan huil, of eers huil en dan myself sny?"
Dan kry jy daai toilets wat net meer splash maak as ander. Die fok weet hoekom! Jy kan die helfde van die kakrol se sheets gooi vir soft landings maar na die eerste skote geval het is jou hol so nat soos 'n gerookte tiener in 'n geel hemp by 'n Malema konsert. Ek roep hom die Waterworld (die toilet bedoel ek nou – die Malema konsert noem ek 'n Malema konsert, en Malema – Pappa wag vir jou). En daai Ultrasplash toilet is BAIE unfortunate as jy grootgeword het met stingy ouers of krimpies. Daai wat tune "If it's yellow it's mellow, if it's brown, THEN ONLY you flush it down" want nou check jy daai water lyk soos Pine Nut en jy moet nou 'n log drop inbom. Dan knyp jy maar jou ogies toe, want jy weet daai ou pis met die onbekende oorsprong gaan nou jou boudjies coat soos daai laaitie se melklip in die Clover advertensie. FOKKEN. WREED.
En is ek die enigste ou wat altyd paranoia strike en dink daar kan moontlik 'n fokken groot nare spinnekop wees tussen die toiletbak en die seat wat net wag tot ek halfway is om een uit te stoot dan byt hy my op my balsak?
Anyway ek het die naweek gaan kuier by familie en die Saterdagoggend (soos elke oggend) moes ek bietjie kleilat gooi. Die toilet lyk legit, raait?
Niks pofadders of knopiespinnekoppe nie. Geen laaitie met lelike aknee wat my gaan gooi met nat kakpapier nie. Die binnekant lyk ook kosher, so nou is dit net "squat, hold, engage"
Als was lekker. Comfort: 8/10. Ambiance: ag so 7/10 – die bure se hond het geblaf, en die tydskrifte was bietjie outdated maar andersins was dit heel vrolik. Ook geen splashes nie… snaaks? Daar was geen "KLOEMS!" geluid nie?
Hoe gebeur dit? Want dit het elke keer toe gebeur daai naweek wat ek moes driëe druk! Die ander foto's is actually net TE gruesome. So ja, elke keer wat ek klaar was moes ek die die borsel nader trek en skrop, sommer kak as jy my vra! No pun intended.
WIE, vertel vir my, WIE design 'n kakhuis sonder om die ERGONOMICS te fokken toets??? As jy nie weet wat ergonomics beteken nie, gaan kyk self . Fokken seriously? Word daar nie bietjie product testing gedoen nie? Hoe bou jy 'n mould, bou 'n kakpot, en poef nie in hom en sien die poef eindig nie op die regte plek nie??! Dan gaan maak jy sommer nog 'n paar duisend sulke identiese kakpotte en verkoop hulle aan die wêreld? Wie maak die goed? As jy in die oggende uit jou drive-way uit ry en jy sien jou buurman sit met sy koerant op sy grasperk en vang 'n kak, dan is dit seker HY!
Watkykjy staan op 3,116,898 post views in totaal sedert 1 November, 2019.