Check, ek sal onder normale omstandighede nie eers Snor City toe fok om my ma te begrawe nie. Die jol is te vol ooms van my eie ouderdom met two-tone hemde en bloubulknaters wat aan die double cab se towbar rondswaai. Jy ken die tipe. Hulle meet hul brannas met sulke dik, harige vingers terwyl hul peroxide-blonde tjerries sit ek kak praat oor wie hulle in Menlyn gesien het terwyl hulle nou en dan op die kinders skree. En dis die ryk mense. Dan is daar die blare van die weste wat meestal graft as karwagte en op 30 meer plooie het as Moeder Theresa.
Nou as iemand jou tune jy moet op die heilige Sabbat saam met hulle by die Voortrekkermonument gaan uithang, kom daai irritable bowel syndrome waarmee jy so gesukkel het in die koshuis sommer dadelik terug. Jy skiem dis trompoppies en kadetorkeste voor Steve Hofmeyr homselwers die verhoog te perd bestyg. Sommer op Oom Eugene se perd. Hulle was mos moerse gabbas. Hy en ET nou, nie die perd nie.
Anyway, dis glad nie sulke vibes nie. So poeskak soos wat die bogenoemde spulletjie klink, so poescool is dit eintlik. Ek praat natuurlik van Park Acoustics, wat elke laaste Sondag van die maand die Kak-arandastad se mense se middagslapies lelik in die wiele ry. Jy ken mos daai “Pappa en Mamma gaan ’n bietjie skuinslê”-trick? Daai.
Jy parkeer jou tjor, betaal jou 80 randjies met die komplimente van die vriendelike mense by Absa en vang die bus na Fort Schanskop en dan begin die paartie. Een moerse paartie. Die amfiteater is nogal groot, so daar is baie plek vir almal, selfs vir vetkadette wat sedert hul dae as skoolrugbyhelde so bietjie opgeblaas het. Daai ouens met die “growwe beenstruktuur”, jy check? In die middel van die venue is die grootste fokken Kameeldoringboom wat ek nog in my hele lewe gespeck het, wat beteken jou ma se sonsambreel wat jy soos ’n nool al die pad opgedra het, gaan net in die pad wees. Jy gaan anyway gesuip raak en die ding daar vergeet. Daar is ook blare wat moerse koelerbokse saambring, maar hulle is meestal armgat-studente wat die drank uit hul pa’s se ingeboude bars gesteel het. Daar is koel katte wat ’n yskoue Long Tom Black Label aan jou sal verkoop vir R15, wat altyd ’n beter deal gaan wees as die e-tolgeld Pretoria toe. Jy hoef ook nie jou ma te vra om vir jou koue frikkadelle en vissmeer-toebies in te pak nie. Braaiboy sal jou one time uitsort met boereworsrolle, en as jy nie te veel van ’n doos is nie en weet hoe om te tweet, score jy dit nog pasella ook. Mahala, bra.
So nou dat die dors en die wors gesort is, kom ons by die eintlike rede vir die hele mission: die musiek. As jy skiem sokkietreffers is tosser as hondekak onder jou nuwe tekkies, is hierdie die jol vir jou. Daar speel gewoonlik ’n paar up-and-coming bands, met iemand wat darem al ’n CD gemaak het as die headline act. Ons was moerse gelukkig om laas vir Albert Frost uit te check. Daai ou maak uit van snare tokkel. Ander ouens wat al daar gejol het, is mense soos Piet Botha, Francois van Coke, Koos Kombuis en ook internasionale bands soos Kongos. En wanneer die laaste encore gejol is en die laaste paar studentetiete geflash is, cruise jy af na die comedy stage vir moerse lekker jokes. Op daai manier hoef jy nie Carte Blanche te kyk en tot bekering te kom nie.
Watkykjy hang gewoonlik daar uit, en as jy vir Griffin check (dis maklik – soek net die dronkste bra wat jy nog ooit gesien het), kom tune hom “Hoe gaan dit met die site?” en staan daar rond vir 10 minute met jou bek vol tande. Hy like dit baie.
So as my ma die dag besluit om nou finaal lepel in die dak te steek, sal ek haar maar in die Heldeakker tot ruste gaan lê. Maar vroeg op ’n Sondagoggend, sonder tee en driehoekbroodjies. Ons moet Park Acoustics toe, bra.
Alle foto's deur Watkykjy se next level fotograaf, Ingrid Swart
Watkykjy staan op 3,056,186 post views in totaal sedert 1 November, 2019.