Kuip Town – land van melk, heuning, tiete en tik, gang warfare oor tiete en tik maar diary ek gaan eerder oor die melk en heuning praat.
Die tree hugging hippies en artsy fartsy hipsters hier in Suip Town is almal soos katte wat room gekry het. Dis trance season so elke naweek is daar een of ander moerse jol in die berge. Eens tussen niks en nêrens waarheen al die wit kinders stroom om draks te vat en op kak rowwe beats te dans. Ek wonder tot vandag toe wat is dit met witmense en berge toe gaan vir n party…
Anyway, die naweek is dit Rocking The Daisies. Dis nou nie ‘n trance jol nie maar is ‘n moerse highlight op die social kalender hier. Dis die 7de keer dat RTD aangebied word so hulle moet seker iets fokken duidelik doen dat al die trendy ooms en tannies escape uit Kuip Town vir ‘n naweek se gesuip, saag en dans. Nogals ironies want suip, saag en dans is nie die tipe goed wat jy in dieselfe emmer as environmental awareness gooi nie.
Yip, RTD het hierdie hele “organic save the planet” vibe agter hulle. Dis amper soos die Woolworths van music festivals in Suid Afrika vandag. Nietemin bly dit ‘n musiekfees en ek laaik live bands kwaai soos snoek braai op Richardsbaai terwyl die wind waai. Net ‘n jammerte jy mag nie braai hier nie, at least nie op die oop kole nie. Bietjie lame maar ja, ek kla nie teveel nie. Jy kan nog duik vir broeksnoek though…
Ek volg die afgelope paar jaar dieselfde resep met musiekfeeste bywoon: Raak gesous in die kar – ek kan nie bestuur nie so die hele designated driver ding is nie op my van toepassing nie – "because with no power comes no great responsibility" is my motto. Ek raai egter steeds onder geen omstandighede aan dat enige iemand ooit moet dronk bestuur nie. Nooit nie. So ek tap al in die kar gewoonlik, kom by die fees aan besluit dis ‘n baie beter idee om verder in die bar te gaan sous en te explore en tent op te slaan as kampmaak. Lank verby is die dae waar ek ‘n uur en ‘n half vat om my tent en spasie in te rig net om dit alles die eerste aand op te fok. Ek het nie OCD nie, ek het 'n diep dors en ‘n vreeslike liefde vir live music. Die res van die naweek rol homself maar uit in dieselfde wyse gewoonlik: slaap die eerste aand in die kar, staan kromrug op en vat dit van daar af.
Hierdie jaar is RTD een dag langer as tevore. Partykoppe kan al van Donderdag af kom tent opslaan en punt nat maak. Goddank ek het ‘n werk, diary. Ek dink nie my lyf kan meer drie aande se klipharde jollery uithou nie.
Die beste bands en DJ’s gooi inelkgeval eers van Vrydagaand af en pomp regdeur tot Sondag middag toe. Gees vir my want ek hoef nie Sondag terug te bestuur nie. Ek weet ek's selfsugtig diary, maar ek kan dit nie help nie, dis net so fokken lekker.
Soos meeste weet is Bloc Party die groot kokedore op die jaar se line-up, maar mense moenie in hulle ooglede vaskyk nie. Daar is kakmal baie entertainment by die jaar se RTD.
Bands dat dit by jou ore uit loop, DJ’s wat jou kop sal laat spin, stand-up comedy wat jou sal laat kots van lag, 'n dam om in te swem en wag vir dit – hulle saai die raggas Saterdag middag uit. Gees!
Van my tjommies het al ‘n paar keer RTD bygewoon en tune dis een van die beste festivals waarby hulle al by was. Dis goed uitgepluis en jy sukkel nie so poes erg om êrens te kom nie. RTD maak ook mooi vir die mense in die ander provinsies soos Jozi en host Sowing the Seeds daar – dink maar daaraan as RTD se klein sussie, Watkykjy was daar en dit was prêt. Lees meer hier
So as jy lus het vir skud en sommer die aarde ook red, dalk 'n bietjie vry inkry en vir die hipsters van Kuip Town lag wat met hakskoene in die gras rond tos en sukkel om tente te pitch want “there aint no app for that” dan stiek uit by RTD. Dit gan king wees.
Watkykjy staan op 3,083,245 post views in totaal sedert 1 November, 2019.