My eerste party in die stad na die goeie ou dae van ESP aandurf met klappende tande (van die koue natuurlik). Heerlike somersaand in Johannesburg, wandel in die strate met excitement, graffiti teen vervalle mure, voel tog bietjie edgy…
Die hekke het nie 19:00 oopgemaak nie – dis seker nie ‘n train smash nie maar foktog, mense kan ongeduldig raak. Ek het net fokken dors geword. Vanaf 19:20 – 19:30 kon jy ‘n bier koop met gemak. vandaar af was dit net een groot fokop want daar was net EEN groot bar – hoe de fok beplan mens net een bar vir ‘n gross klomp mense wat wil gesuip raak?! Aaklige herinnering aan Metallica droëbek kyk by Coke Fest…
My derde attempt het so veertig minute plus geneem om te refill. Ek is nugter huistoe en ‘n hele act gemis. Dankie julle! Daar was ‘n useless designated smoking area wat nog ‘n bar kon gewees het – almal het anyway gerook waar hulle wou. Tog was daar ‘n moerse lekker vibe in die square! By The fucking way, wie de fok het besluit neon is weer in fashion? Dis kaklelik!
Die VIP area het soos ‘n oasis gelyk. Daar was ‘n bar daar binne. Die feit dat hulle fokken heeltyd kon drink ver van die stage af, kon die ticket pryse dalk justify.
Geen clue of daar genoeg kos was nie. Eet maak kak in jou maag en jou tande stomp.
Die MC het die crowd lekker aan die gang gekry met ‘n ou kak ANC en DA grappie. Shadow club het die stage ge-open en die crowd het al hoe groter geraak vir Bloc Party. Tumi, die rapper dude wat saam met Yesterday’s Pupil geraas het, het ‘n bra uit die crowd gekry daai chick het lekker verder tiete geswaai vir die res van die aand.
Die line up:
Shadow Club – wat ‘n befokte awesome band
Tumi ft Yesterday’s Pupil – hulle was bra goed!
Die Antwoord
Bloc Party – wat ‘n jol! After all – almal was daar om die dudes te sien.
DJ Yoda – het so bietjie afterparty tunes gemaak.
Daar was aansienlik baie kakhuisies.
Anni Malan
Watkykjy staan op 3,048,729 post views in totaal sedert 1 November, 2019.