Sommer nog 'n kompetisie vandag.
Baie van julle het nou seker al gehoor dat Blink Stefanus besig is om pryswenner bier te maak. Die bier is seriously fokken lekker en jy mag dalk daarvan in die hande gekry het by die Watkykjy Pre-Apocalyptic party in Junie of by BraaiBoy se world record vibes. Blink is nou besig om sy bier uit te rol na pubs toe en fokus op die oomblik op die Fourways area in Jolburg voor dit landwyd gaan uitrol. Jy kan by Mash Tun in Pineslopes inpull om Blink Stefanus on tap te drink. (Dis oorkant die pad van Monte Casino op Witkoppen)
Andersins kan jy 'n kas Blink Stefanus bier wen hier op Watkykjy. Dis twaalf liter bier, pappie! Elke botteltjie is 500ml. Al wat jy moet doen, is om vir ons 'n kakpraat storie te spin soos hierdie omie in die video en op YouTube te laai. Stuur vir ons die link voor volgende Donderdag 20:00 en Blink Stefanus sal 'n wenner kies. Let wel dat hierdie kometisie slegs vir Watkykertjies in Gauteng is want die bier moet deliver word. Blink trust nie couriers wat sy bier gaan opfok nie… Ons sal die wenner se video op Watkykjy gooi en links gooi na die ander entries volgende Vrydag. Blink het confirm dat hy at least vir die volgende twee maande lank elke tweede week 'n kas bier sal weggee, maar ons sal met die man probeer redeneer om dit elke week te doen…
Watkykjy staan op 3,085,080 post views in totaal sedert 1 November, 2019.