Die game het nog nie eens mooi begin nie en die Ozzies het hulself alreeds behoorlik bevuil. Skitterasies, gietergat en spuities het glo die week se training sessions so ietwat dodgy vir die slotte gemaak en al weet ons hulle gaan Saterdag pale toe try gaan vir 'n poep, kan ek nie help om my hol vir die klomp ex-cons te skeur nie.
Loftus is nie vir laaities nie en terwyl ons nou oor poef praat, check bietjie hoe fokken groen is die gras op Loftus na die Blou Nulle die laaste paar weke iets vreesliks daar afgekak het.
Ek weet dis pis snaaks, maar kom ons check gou bietjie die game uit.
Heineken het toe finally gescheme dis 'n cool plan om klein Goosen 'n kans te gee en al was dit so paar weke te laat, hang daar beslis 'n paar ysterklokke uit die kortbroek as mens in ag neem die game is op BeLoftus.
Net so vir in case die laaitie nie shape nie, is daar ook twee flyhalfs op die bench in Elton Jantjies en Pat die weeskind Lambie. Gross, hoe ons dit regkry om nie daai krulkop dandruff rep te kies nie maak my lam.
Ysterbeth is ook terug en dit kan dalk deel van die rede wees waarom die Ozzie team doctor se job die week so gepong het. Kom ons hou duim vas hy kop die keer atually iemand raak.
Okay ek raak nou vir so paar minute actually eers lus vir so bietjie Proteas v Pakistan kyk, so die week knyp ons 'n drol mooi kort af.
Die Bokke moet net eenvoudig die Ozzies hard bliksem – finish en klaar!
Kristalbal vibes:
Sharks v Bulle
Opsomming: Bjorn Basson rockoff noggals en ons het laasweek gesien dat daai holiday wat Jano gehad het hom vir ruggas uitgehonger het. Die Sharks was nie te vrot op Ellis Park nie so hierdie kan 'n monster van 'n game raak.
Voorspelling: Bulle bons terug en pis so paar manne af. Met so 4.
Kwaste v Cheetahs
Opsomming: Broers en bliksem gaan saam soos brannas en Coke. Hierdie kan 'n classic boing-bout raak, aangesien altwee spanne die selfde core foute maak. Hulle roep hom 'n tackle en op daai level is dit duidelik dat die dudes saam Super Rugby jol.
Voorspelling: Kwaste met so 5. Want ek laaik die Kwaste en daai Marnus Schoeman laat Brussow soos ou toast lyk.
WP v Lions
Opsomming: In Joburg word daar so bietjies bietjies genip oor die imminent return van die Bokke. Om home ground semis te book moet jy kan shots uitdeel terwyl die Bokke hulle besigheid doen. Onthou ,Lions freaks: laaswaar was die groot kanonne in Kiwi country so dit kan so bietjie moeilker raak hier teen die einde.
Voorspelling: Lions met drie in 'n tight game – dis amper soos 'n final.
Bokke v Wallabies
Opsomming: Verloor op Loftus, of in Suid-Afrika for that matter, is nie 'n opsie nie. Heineken haters gaan dalk so paar carrots eet want die Goose behoort ook te skop wanneer Morras sou skop, hulle roep hom 'n game plan. Goose en Jantjes laaik ekter meer van linebreaks so dit kan pret raak. Kurtley Beale maak my so bietjie worry. Hy kan 'n match winner wees maar is ook bekend vir spuities gooi as die game tight raak.
Voorspelling: My gut scheme Bokke met 10 en ek sweer ek het nie dieselfde kos as die gietergat Ozzie bende gemunch nie.
Daarsy.
Watkykjy staan op 3,065,759 post views in totaal sedert 1 November, 2019.