Score tickets na Jozi Tens. Ons het 4 om weg te gee!

In Kompetisie deur griffin

As jy rubgy, bier en musiek smaak en in Gauteng bly, het ons vir jou ‘n befokte plek om jou Vrydag en Saterdag te gaan spandeer. Ons het tickets en ‘n bar tab om weg te gee. Details hieronder…

Die Jozi Tens skop hierdie naweek van 14 en 15th September af by Pirates Rugby Club in Parkhurst. Waddefok is die Jozi Tens? Dis Gauteng se grootste rugby party. Dink German Beer Fest gekruis met Hong Kong 7’s. Check sommer ook uit vir rugby legends wat ook daar gaan rondhang en die dag geniet. Dis family vibes met ‘n special section waar kids ook kan speel en hulleself kan moeg maak.

jozi tens

Daar is ook live music wat gepleeg gaan word en sluit in Ard Mathews, DJ Sox en SA/DC onder andere. Selfs al gaan jy net om SA/DC te kyk is dit reeds die moeite werd. Dis ‘n local AC/DC cover band en ons het hulle al by Up The Creek gespot (hierdie ouens is befok verby).

Most importantly is daar dress theme as jy wil deelneem en die rewards is groot: die twee wenners met die mees kreatiefste outfits sal elk ‘n all-expenses trip wen na Kaapstad vir die Cape Town Tens in Feb volgende jaar en hulle sal ook ‘n kans staan om trip Honk Kong toe te wen vir die Hong Kong 7’s in Feb. Hong Kong, my china!

O, by the way – die theme vir die dress code is “tight & bright” en die kompetisie run Vrydag en Saterdag. Rusty Theron van die Proteas het al so party gegooi. Dress tight en bright. Dis zef verby.

Tickets is R100 per persoon, R50 vir studente en kids onder 12 kom free in. Jy kan ticket hier koop: www.webtickets.co.za/jozitens. Ons sal julle aanraai om vroegtydig tickets te koop. Die laaste event by Pirates Sports club was daai bier festival gewees. Dit was fokken lekker, maar mense sonder tickets is by die hek weggewys omdat dit fokken vinnig uitverkoop het.

Besoek die Jozi Tens website by www.jozitens.com vir meer info. Jy kan hulle ook op Twitter volg by @tensrugby of op Facebook ophook: facebook.com/capetowntens.

Wen tickets hier op Watkykjy:

Ons gee vier single tickets weg en elke ou wat ‘n ticket wen kry sommer ‘n R100 bar tab ook. Al wat jy hoef te doen is om sommer hieronder in die comments te tune watse kak naweek jy beplan het en hoekom jy eerder wil kom raggas en live musiek kyk en ‘n R100 se bar tab moet kry.

Die eerste vier ouens wat ons convince sal die tickets score. Jy’t tyd tot more middag 17:00 se kant om ons te convince.

Check julle daar. Ons het reeds ons tickets en bar tabs gescore.


So gepraat van bier en kompetisies: Onthou dat jy twaalf liter Blink Stefanus bier kan wen. Jy het nog tyd tot Donderdagaand.

http://www.watkykjy.co.za/2012/09/wen-blink-stefanus-bier/

Hierdie post is 248 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,593,165 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinScore tickets na Jozi Tens. Ons het 4 om weg te gee!