Paige Mac Mahon is 'n negentienjarige chick van Kaapstad af en haar journey sover is nogals 'n weird ene. Sy is in KZN gebore en op 'n jong ouderdom aangeneem. Na skool het sy haar kitaar gepak en met so paar original songs in haar kop Kaap toe gemission waar sy vir so paar maande sou bly voordat sy Norway toe sou gaan om haar broer te ontmoet. Sy het in 'n backpacker's lodge gebly en haar zak het eventually opgeraak, maar sy het uitgevind dat sy 'n cousin in Vishoek het en het besluit om 'n trein te vang en die bra te gaan opsoek. Min het sy geweet dat haar "long lost" cousin, Gary Van Vuuren, wie sy nog nooit ontmoet het nie, ook 'n muso was. Lang storie kort, het hierdie twee die Paige Mac band begin en hulle is nou baie onlangs deur 'n record label ge-sign. Dik fairie tale vibes.
Ons het so bietjie met die twee gaan chat en hulle met so paar vrae gegooi nadat hulle vir ons so paar songs gejol het.
Die chick het nogal 'n besonderse stem en daar lê 'n moerse career vir hierdie outjies voor. As ons hulle in rooinektaal moet beskryf sou dit seker iets in die volgende lyn wees: Shape-shifting, evocative, atmospheric and hypnotic acoustic soul from the Mother City. Daar fokken het hy dit.
Hulle debut EP “A Moments’ Nostalgia” word 28 September vrygestel…
Paige Mac: Wish Upon a Star:
Paige Mac: Watkykjy interview:
Watkykjy staan op 3,103,994 post views in totaal sedert 1 November, 2019.