Ek worry deesdae meer oor die Bokke se fans as die Bokke self. Dis asof van die fokkers daarbuite meer genot uit 'n verloor put as wanneer ons actually wen. Julle weet goed wie julle is en ek check julle kak grappies op die interwebs. Dis mos pis maklik om uit van jou couch af kritiek te lewer en donner, ek doen dit self, maar seriously ouens, van die brasse wat beswaarlik gesukkel het om reserwe lemoenskil aandraer vir hul local Laerskool se eerste span te maak is nou eweskielik coaches.
So bietjie respek china's, ons praat hier van Bokke, nie jou faptap gedropte Corsa Lite nie.
So hier en daar is 'n paar wyse ooms wat al als gesien het en met regte vir Heyneke 'n paar tips kan gee – die res kan gaan kak. Die rede waarom ons laasweek teen die Ozzies verloor het is eintlik ook eenvoudig: Die game is deur Nigel Ouens geblaas. Nigel Ouens sit die z in zef en ek hoor hulle gaan binnekort met Boksburg en Brakpan saamsmelt – Boknaaipan.
Ou lame jokes op 'n stokkie, scheme ek regtig nie die Bokke was so pathetic soos die scoreboard ons laat lyk het laasweek nie, was dit nie ons slegste game van die jaar nie. Yes, ek hoor hoe huil almal oor ons one-dementional game plan wat so bietjie gefix moet word, Morras wat sukkel en ons voories wat nie genoeg balle zooi by die breakdowns nie en dis als waarhede daai, maar dit gaan nie my maak daai Springbok tattoo van my linkerboud verwyder nie.
Ek sê weer, gee kans.
Wat ek wel gelaaik het was Hougies in die 11 trui. Hou die bra nou daar en verbied hom om weer scrummie te jol. Johan Goosen is darem vir jou pure Bok, tog sou ek persoonlik eerder vir Lambie so bietjie op 10 inspan tot die Goose bietjie meer ervaring het. In Bloem huil die manne kliphard want hulle wil nie sien hoe die laaitie weer seerkry nie en kom ons face dit, hy gooi 110% in alles wat hy doen en gaan nog HUGE rugby vir die Bokke jol.
Nogsteeds in Bloem, sal daai Grey College manne met hulle secret handshakes en liefde vir alles Toyota mos kwaai laaik van 'n Bokspan met Bizzy/Atter as die hakkers, Coenie en Jannie as die stutte (dis nou as Coenie nie vasskop word nie), Flip op slot, 'n Brussow op flank, Ruan en Goose die skakelpaar met Fransie op senter.
Morras kom mos ook van Bloem, maar was nie in Grey nie, hy't gelaaik van cherries in sy skool.
Voor ek gebliksem word, kom ons gaan check wat Saterdag kan gebeur – ek was laasweek reg met als behalwe die faptap Cheetahs wat halftyd opgegee het en die Bokke wat soos kleuters nie die donnerse bal van 'n kick-off kon van nie.
Bokke v All Blacks (9:35)
Opsomming: Flip is in vir Ysterbeth wat nie eers regtig 'n Aussie gekop het nie, maar tog in die kak is daaroor. Was my highlight van daai game: Bakkies die 2de bring it on! Dat ons nie vir 'n bra soos Craig Burden bietjie 'n kans gee nie is ietwat afpissend en soos bo vermeld, laaik ek van Lambie op 10. Sideshow Bob (Zane) jol actually lekker. Die All Blacks het nog nie verloor nie en al is hulle sonder Carter is Richie "rol weg 7 swart" nogsteeds op sy pos. Hulle voorry maak my kak bang.
Voorspelling: Almal scheme hulle gaan ons cream, ek scheme nie met meer as 7 punte nie.
Wallabies v Pumas (12:05)
Opsomming: Donner, laasweek se game teen die All Blacks was vir my mooi! Die Pumas is nie so sag soos almal gedink het nie so kom ons hoop die Captain's Curse duur voort vir die Aussies en hulle word gepomp deur die Argentyne.
Voorspelling: Die excons behoort die game op die einde te steel, met so 4.
Kwaste v Blou Bulle (15:00)
Opsomming: Balls to the wall en kan ek net dit duidelik maak dat ek geensins na daai radiostasie met die gekookte syfers verwys nie. As die Bulle ballas het wen hulle die een om op te maak vir laasweek se loesing teen die Lions. Die Kwaste jol egter soos ysters. What a game!
Voorspelling: Bulle met 2 – ek ken my shit.
Leeus v Cheetahs (17:05)
Opsomming: Hierdie gaan 'n riller wees. Die Lions voories is op 'n roll terwyl die Cheetahs maar bietjie sukkel om kop te hou. Tewis op 10…..eina Cheetahs, fokken eina. Leeutjies het dieselfde klonge wat laasweek met 'n horing van Loftus af geloop het.
Voorspelling: Cheetahs loop halftyd voor maar veloor met so 14 want dis hoe hulle rol.
Sharks v WP (19:10)
Opsomming: Sonder twyfel die moeilikste game om te pick vir die naweek. So goed soos die WP lyk, is ek nie seker hulle gaan so maklik op Kings Park wen nie. Daarenteen het die Sharks net die Cheetahs om te bedank vir laasweek se oorwinning – seriously 'n taai een om te pick.
Voorspelling: WP jou lekker ding met so 6 – jy kan my bad as ek weet hoekom. Dalk is dit net daai Marcel Brache bra – Holly crap, hy jol lekker rugby!
Watkykjy staan op 3,084,112 post views in totaal sedert 1 November, 2019.