Dis die laaste langnaweek vir 'n lang tyd in 2012, so jy beter maak dat hierdie een fokken tel, jou marabs! Maandag is dit braaidag, maar hier is vir jou 'n lekker tip: Gaan eerder groot op Sondag sodat jy Maandag kan recover.
So gepraat van braaidag: Jy gaan natuurlik moet dop gooi ook en ons weet jy gaan in elk geval Jagermeister shots gooi soos 'n pro, so jy kan net sowel kiekies neem van jou en jou tjommies wat yskoue shooters drink en vir jouself hierdie fokken outjie wen. 'n Jagermeister Smeg fridge. Click op die yskas om jou na die kompetisie toe te neem:
Dan kan jy natuurlik ook nog 'n Weber braai wen as jy aan Robertson's Spice se kompetisies deelneem online. Hulle het braai tetris (speel dit sommer nou by die werk in hierdie laaste stretch om die tyd te laat vlieg) of jy kan sit en jou eie braai combo uitwerk. Myne is sommer 'n holbrand een (click op die pic as jy wil enter):
So daar is jou naweek gesort. Jy kan alles wen wat jy nodig het om jou volgende langnaweek piele te maak: Blink Stefanus se bier, 'n Weber braai en 'n befokte Jagermeister yskas.
Maar kom ons handel die week se verrigtinge nou eers af, want dis langnaweek en jy moet fokken duik! Laat jou voete geraas maak, ou vriend.
Watkykjy staan op 3,091,595 post views in totaal sedert 1 November, 2019.