As die hadida oor 'n huis vlieg en sy angsroep oor die vallei skeur sê hulle dat iemand gaan sterf.
Dis dan wanneer die wolf uit sy skuilplek kruip …As antwoord op die roep.
Jissis, ek haat Hadida's sommer nog so 5kg meer. KWAAA! Blerrie hoogtevrees voëls wat sideways pers teen jou kar kak al is hy in die garage geparkeer. As jy die lyne hierbo uit die 80's kan onthou, het jy jouself seker ook elke dag om 14:00 bekak as jy na die radio geluister het. Dit was een van daai crazy radiodrama's waarvoor kinders vroeg by die skool geduik het, sportbyeenkomste rondom die storie gereel is, mense het radio's werk toe gesleep om te lusiter en baie mense het hulle lunchtyd na 14:00 toe geskuif om in te tune. Die eerste episode het 150000 luisteraars getrek en binne ses maande het daai figure baie naby aan 'n miljoen gestaan. Daar was later in die 80s even 'n TV series ook gewees, maar die kanse is goed dat jy vroeg bed toe gestuur is met 'n pakslae. Leon Van Nierop het almal kakbang gehad. Jirre, TV het verander… Deesdae mag kinders skommies en eTV maagseks flieks kyk terwyl hulle roomys kry vir dinner…
Back to the point at hand: nou het hulle 'n Wolwedans movie gemaak, en sover ons kan check, lyk dit fokken spiff. Die movie version van Wolwedans In Die Skemer open op 5 Oktober landwyd. Dis een van die duurste en ingewikkeldste produksies nog in Afrikaanse film. Ons het die chick wat die hoofrol speel, Rolanda Marais asook die director, Jozua Malherbe na Griff se huis toe gelok met vleis en drank om oor die movie te chat. Ons het actually amper vergeet om hulle te interview want… Jagermeister.
Ons looi sommer die trailer en bietjie meer info oor die movie ook na die interview. Checkityt:
Destyds het elke radioverhaal 'n plaasagtergrond gehad met eksentrieke karakters wat vir jare lank eindeloos geredekawel het oor daaglikse kak. Boring as fuck. Toe Francois van Heyningen aan Leon van Nierop, wat toe pas Hotel Shwalane en Die Huis in Hertestraat (ook albei romans) vir die Afrikaanse Diens geskryf en opgevoer het, opdrag gee om “iets anders” te skryf, het Leon besluit om radio se eerste riller te skryf wat in die Laeveld in 'n spokerige hotel in die mistige klowe van Hazyview afspeel. Jirre, daai was 'n fokken lang sin.
Hy het ook besluit dat daar nie net in elke episode nie, maar in elke toneel iets moet gebeur wat die storie in 'n ander rigting stuur. Karakters sou nie sommer net sit en tos praat en tee suip nie. Hier sou aksie, atmosfeer, kinkels, komedie, drama, ril-elemente en tragedie wees, alles saam in een episode gebliksem. moerse aandag is aan die produksie gegee wat die storie ook legendariese status gegee het. Klankprentjies is geskep wat luisteraars in massa laat reageer het en geterroriseer en vermaak het. Byklanke is spesiaal in die Laeveld opgeneem, musiek is sorgvuldig uitgekies en spelers gebruik wat die radiomedium deur en deur geken het. Ou legends soos Bettie Kemp, Ryno Hattingh, Lerina Erasmus, Mariëtte Engelen, Anne-Marie Muller, Patrick Mynhardt en Leon van Nierop het die hoofrolle vir 3 jaar lank, ʼn halfuur per dag, gespeel. Leon het die Hazyview-area reeds fokken goed geken en het dikwels by die Casa do Sol Hotel gebly, skaars 'n klipgooi vanwaar hy toe vir hom 'n huis laat bou het. Casa do Sol was die enigste plek waar die storie kon afspeel en is Hotel Njala gedoop. En daar in die Laeveld en in sy woonstel in Yeoville, Johannesburg, het Leon aanvanklik 6,000 bladsye geskryf oor 'n gesin wat deur die spoke van die verlede geteister is. Die vervolg het 5,000 bladsye beslaan. Dit het toe ook 'n roman en TV-reeks geword en nou is dit 'n movie. En soos Melt mention in die interview hierbo: Leon Van Nierop se arm moet al teen hierdie tyd poes seer wees…
Watkykjy staan op 3,049,156 post views in totaal sedert 1 November, 2019.