As daar nou een ding is wat mens deesdae die galoppende fok in maak is dit ons kak selfoon netwerke. Jy sit en werk of TV kyk of dalk worstel jy met die bruinbeer op die vortex, salig onbewus dat jou foon "af" is.
Later kry jy ewe skielik 'n klomp SMSe en missed calls op 'n streep. Dalk 'n e-mail wat jou uitkak: "Jou fokken foon is alweer af!" Miskien ry jy na 'n meeting toe aan die gatkant van Doosville net om daar aan te kom en uit te vind dat die meeting geskuif is na volgende week toe, want hulle het jou probeer bel, SMSe gestuur of vir jou 'n voice mail gelos, want check jou fokken foon is altyd af. Hulle kon jou nie dringend in die hande kry nie. Fuckin A! Jy't nou petrol gemors. En tyd. Tyd is fokken geld, pappie!
Verdwaas sal jy dan na jou screen kyk – "No signal" – en wonder hoe lank jy al sonder connectivity sit. Jy kan mos nie heeltyd vir die fokken skermpie staar om seker te maak jy is oppie grid nie. Jy reboot jou foon en kap solank 'n dratie tot jy die 3g signal opvang. Of at least 'n derde daarvan. Kanse is goed dat jy eerste jou spinnerakke van jou draties sal vang. Dan begin jy mense terugbel. Jy dial die nommer en fokkol gebeur. Limbo. Jy probeer weer. Beep-beep. Yup, twee beeps. Dis wat jy kry. Jy kan nie eers deurkom nie. Probeer weer. "The subscriber you have dialed thinks you're a poes". 'n Derde keer. Die foon lui en jy kom deur: "Jirre man, ek sukkel my poes af om jou…" beep-beep-beep. Call dropped. FFFFFFOOOOK! 'n Laaste effort. "Hello, ek is nie nou beskikbaar nie. Los asseblief 'n bruinsak flaming kak voor my deur". Maar check, daar is nooit connectivity op plase nie, want Johannesburg en Pretoria was ook mos plase gewees op 'n tyd.
Jy spandeer maklik R3 per shot wat jy probeer om iemand in die hande te kry en dis konserwatief geskat. Minimum R90 per maand wat jy in die toilet in fok. Het jy al gaan sit en probeer uitwerk hoeveel geld jy verloor met hierdie kakstorie? Party mense doen byvoorbeeld freelance jobs vir 'n lewe. Dis 'n kwessie van "Bel vir Gert, hy kan die job vir ons more kom doen vir R2500. Dis redelik poes dringend." Gert se foon is "af". Die volgende ou kry die job want dis dringend en op daai splitsekonde toe die oproep gemaak is, was dit 'n wonderwerk dat die ander ou signal gehad het. Miskien het Gert daai R2500 nodig gehad as deel van sy huis se bond payment. Nou naai die bank hom ook sommer. Piele en manbotter orals. Dis 'n orgie van gargantuan proportions.
Dis nie net die zak wat hulle van ons af steel wat pla nie. Daar is emotional stress ook (as julle my sal vergun om soos 'n huilerrige kont te klink vir 'n wyle). Mense mis uit op die lewe en belangrike gebeurtenisse ook. "Bel my as Santie in labour ingaan!" tune jy jou niggie van Delmas se vriend net voor jy werk toe ry. Hulle probeer jou bel. Fokol gebeur. Jy mis uit op die geboorte. Later sal jy uitvind: "Jirre, jy moes daar gewees het. Oom Kobus het eers in sy broek gekak en toe uitgepass toe die babatjie uitkom en hy is swart! Ek weet dis nie dieselfde nie, maar ek het vir jou 'n foto probeer MMS." 'n Foto wat jy ook nooit gekry het nie.
Ek sê nie ons moet permanent aan ons fone vasgesweis wees nie, maar dis 2012. We are in the future. As 'n selfoon netwerk 'n drol aan jou verkoop en maak asof dit 'n pakkie chips is, is daar iets groot fout. Sort julle fokken netwerk en sommer julle billing systems ook uit!
Maar voor ek verder in my mond opgooi en bietjie van dit by my neus uitloop, hier is vandag se Bizarre Bedonderde Donderdag video… Selfoon hel.
Watkykjy staan op 3,057,595 post views in totaal sedert 1 November, 2019.