Live streaming is een pis cool idee, maar my buurman gaan in sy rok skyt as ek my standard Koppi moves in my backyard af-pull. Om deur my komplex te slinger en die security guard uit te kak oor ek nie my tent kry nie klink nou na my voorland danksy modern technology. Ongelukkig weet ek ook dat 'n PPK my sal ontnugter as ek in iemand anders se "tent" gaan try uitpaas en kom ons sê net die chicks in my hood is nie exactly so willing soos van daai poppe wat die naweek naby Northam gaan uitfreak nie.
'n Safer move gaan dalk wees om myself weer aan brannas oor te gee en Loftus toe te gaan waar klomp van my mede-armgatte maar gaan ruggas kyk – om te try vergeet dat al ons tjommas besig is om tussen duisende hot chicks cool bands te luister.
Net die gedagte maak my bietjie bietjie in my mond kots.
Anyway, dankie tog vir die Currie Cup en as jy al my weeklikse wyshede raakgelees het sal jy weet – ek haal ek dikwels my linker klinker uit en maak 'n paar predictions vir dit wat die naweek kan gebeur. As jy wil check of ek my eie advise volg, join die SuperBru pool. Ek challenge veral die zabers wat na elk van my Siener van Rensburg moments my loop kyk byt hieronder. Toe nou #wysjoumys. Daar is huge pryse – een is dalk net 'n stel tickets vir jou en jou goose om om Soccer City die Bokke teen die All Blacks te loop kyk – vir dit om te gebeur moet daar tenminste 100 waterkoppies join. Ons trek nou op 10 – fok tog.
Linkerbal uit, kom ons check gou wat in die eerste naweek se Currie Cup verwag kan word.
Blou Bulle v Griekwas
Opsomming: Sal dit love as die manne van Kimberley die jaar die koppie lig nadat hulle so baie keer al so close was. Hulle het actually paar mean ouens wat daar jol – JP Nel gee hulle hell (poetry is pis maklik). Willie le Roux – pace pappa. Daarteen kan die Bulle dalk so bietjie sukkel sonder al hulle Bokke, hoewel die horingtribe nie te veel complain dat Morras nie daar is om mis te skop nie.
Voorspelling: Eerste game van die seisoen, eerste knater wat ek in die koue uitruk – Griekwas met so 6.
Lions v Cheetahs
Opsomming: Currie Cup champs teen die Currie Cup specialists. As jy 'n 9mm en/of fokken goeie versekering het kan dit dalk die moeite werd wees om die trip Ellis Park toe te maak. Dit kan een moerse lekker game wees. Baardlose Baardbek is nie meer die Lions kaptein nie – dis nou JC. En die Ebersohn boetie wat nog lief is vir Naka neem oor as kaptein by Adriaan Strauss. Net so vir die rekord (en dit is 'n fokken rekord) die Lions het meer spelers as die Cheetahs in die Bok groep. Seriously – 1 meer.
Voorspelling: Dis 'n Lions span wat 'n punt het om te bewys nadat hulle die bleskop coach en sy Kiwi maatjies weg gejaag het. Lions met 8 so sonder die coaches wat hulle help wen het laasjaar. Eish.
WP v Sharks
Opsomming: Dis nie 'n semifinal nie so die WP behoort nie die een te verloor nie. Beide spanne het klomp opwindende jong spelers en hoewel 'n paar weird skuiwe gemaak moes word om Bok plekke op te vul, is daar genoeg ervaring om te sorg dat dit 'n great game kan wees. Riaan Viljoen op losskakel is nou vir jou 'n ding en kom ons byt nie nou al die WP voories kak nie, hulle is sekerlik nog seer van laaskeer.
Voorspelling: Wen die Sharks die een is ons in vir 'n ding. Hulle het 'n moerse klomp opwindende youngsters, maar hulle is dalk bietjie moeg van 'n monster road trip, so WP met so 4…..jinx ek 'n ding nou.
Watkykjy staan op 3,056,199 post views in totaal sedert 1 November, 2019.