My chick op daai stadium sou skatryk gewees het as sy R1 vir elke complaint gekry het. Fokkit sy was een te veel. Voor die game het sy gemoan oor dit koud is, toe ons eventually ons seats op Ellis Park, kry was skuins agter die pale nie cool genoeg nie. Kos my toe 'n Springbok kombers, klomp bier en sowat 20kg geduld om die vrede te bewaar en een awesome stukkie rugby geskiedenis te beleef.
Jongi Nokwe het mos laas toe die Pumas hier was besluit hy laaik van drieë en, tot my redding, was ten minste twee van die vier tries wat hy op die dag gescore het vlak voor my en gromgat se seats gewees.
Al was dit ietwat te verwagte, was dit nogsteeds horing lekker om te check hoe bliksem Div se Bokke 'n span met 'n nat zaber.
Ou Jongi het toe soos Chester vier keer gaan score en kom ons sê net dit ek het later daai aand my erekleure in coach rugby verfwerf.
Dit het 'n hele klomp jaar gevat voor ek weer met so moerse smile uit daai dodgy buurt gery het, en soos dinge nou lyk kan mens nie help om 'n traan te pik oor hierdie kak wat nou met die Kings gebeur het nie. Spare 'n thought vir jou average Joburg brak wat nou vir hom 'n ander Super Rugby span moet loop kies. Hy behoort egter nou meer simpatie om die braai te kry. Wat ook cool gaan wees is dat hy minder hoef te verduidelik hoekom sy span teen die Ozzies en Kiwi's afkak, maar so elke nou en dan die Sharks of Stormers loop afpis.
Seriously? Hoe useless was die defending Currie Cup champs in Super Rugby? Op some stage moes hulle twee jaar wag om EEN fokken game te wen. Een game. Ek scheme gee die Kings 'n kansie en maak vir Luke die Bok kaptein.
Op 'n serious note.
Kom ons check gou hoe lyk die naweek se games – Kaptein Kortbroek se advice laasweek was hond sleg – en hy blame alles op Koppi.
Cheetahs v Blou Bulle
Opsomming: Cheetahs is soos Franse fokkers en Kabamba lyk ook soos een. As Sias pitch vir die party en die Vrystaat voories kan bietjie shots uitdeel mag daar dalk kak wees – but I doubt it.
Voorspelling: Blou trille met so 5 – want dis in Bloem.
Wallabies v All Blacks
Opsomming: Al like mens nie van All Blacks met moerse confidence nie is dit amper meer aanvaarbaar om jou suster te vry as om die Aussies te support. Ek hoop hulle kry een MOERSE pakslae. Die nuwe Rugby Championships is daar vir die Bokke om te vat.
Voorspelling: Die game gaan probably 20 minute te lank vir die Aussies wees en hier gaan some kak reël hulle nie in 'n quarterfinal kry nie.
Griekwas v Wie Pee
Opsomming: Duane Vermeulen. Klipharde Kimberley. Eina bliksem!
Voorspelling: WP met so 12 – hulle kan nie vir altyd sulk nie.
Bokke teen Pumas:
Opsomming: Lwazi se beurt om Jongi se rekord te beat! Once. Amper soos 'n home game want hulle laaik ook van steaks en is dit niehoog tyd vir die manic depressive Kapenaars om bietjie genot in hul lewens te kry nie? Jammer JP is nie daar nie, but let's face it – ons het 'n mean span. Ek like van Lambie op 10 so dalk kan Morras dalk bietjie rus – hy't dit nodig.
Voorspelling: Bokke met minder as 20 = failure. My pick is met 23.
Sharks v Lions
Opsomming: As iemand jou nounet getune het die kanse is goed dat jy nie volgende jaar weer groot zak saam die groot seuns gaan maak nie, mag jy dalk net besluit om 'n punt te bewys. Whitley is terug en ons vergeet dat daar nog so paar krankes is wat moet terugkom vir die Lions.
Voorspelling: Lions met so 6.
Kom join my The Rugby Championship SuperBru pool.
Dis free en as jy nie bang is nie is jy daar!
http://www.superbru.com/rugbychampionship/pool.asp?p=11016174
Pool name: Zaber3
Pool code: lociyard
Watkykjy staan op 3,085,565 post views in totaal sedert 1 November, 2019.