Poefring
'n Vrou (nie 'n baie mooi een nie) in Utah het gaan window shopping doen vir ringe. Die plan was om 'n ring van omtrent R35k te zoi en haar plan was fokken stupid – die tipe kak wat jy in ou cartoons of swart-en-wit movies sien. Sy het gemaak asof die ring aan haar vinger vas sit, dit met lotion afgehaal en 'n vinnige switch gedoen met 'n ring wat min of meer dieselfde lyk maar wat 'n obvious fake is. Sy het die regte een ingesluk en later gaan probeer pawn nadat sy hom uitgekak het en is gearresteer. Die gesprek wat tot haar arrestasie gely het, het seker so verloop: "Mevrou, ek gaan die pote bel, want daar sit nog 'n mieliepit vas aan die ring. Ek dink jy het hom gesteel, ingesluk en uitgekak. Ek is nie 'n blerrie fool nie!" – Dailymail
Lambo fok shop op
'n Ou en sy tjommie het in Italië 'n swart Lamborghini Murcielago opgefok toe hulle deur 'n BMW motorbike dealership se glasvenster ge-crash het en die meerderheid van die dealership se stock opgefok het. Die polisie weet blykbaar nie wat die oorsaak van die ongeluk is nie. Regtig? Twee ouens in 'n poesvinnige kar wat deur 'n dealership se venster bars en hulle kan nie twee en twee bymekaar sit nie? Daar was seker Napolitana sous op die bra se vingers.
Jy kry nogal 'n hol kol op jou maag as iemand met een trick meer geld wegfok as wat jou hele familie en aangtroude familie in 'n generation sal maak. – Jalopnik
Daar is baie beter praktiese aanwendings vir poesvinnige karre. Jy kan dit eerder op 'n racetrack gaan jaag en as jy David Coulthard is, kan jy sommer 'n golfbal vang met jou Merc SLS. Dis nogal fokken impressive…
Dikkes, jy's myne!
Pauline Potter, die wêreld se vetste vrou is besig om gewig te verloor. Yay! Sy het omtrent 330kg geweeg voordat sy die oplossing gevind het om sowat 44kg af te skud – naai soveel as wat jy kan.
Haar eksman het by haar 'n draai kom gooi een dag en die twee het die wille wax uit mekaar uit gezaber. En met die twee, bedoel ons eintlik die man. Hy moes al die werk doen en hulle het heel moontlik net missionary gegooi, want check, hoe de fok hou jy twee bene in die lug wat elk 65kg weeg terwyl jy vir 'n gaatjie soek? Dis soos om met twee normale oorgewig kort meisies op jou skouers weg te hardloop van 'n brandende plantasie af.
Pauline erken ook dat sy nie self baie kan doen nie, maar dat sy omtrent 500 calories brand elke keer as sy so lê en jiggle op haar re-enforced bed terwyl haar eks boekmerke in die vetrolle sit soos hy track hou van haar hy laas was. En dis nie sommer van fluit-fluit-spuit, die storie is uit nie. Hulle naai blykbaar sewe keer per dag. Die arme ou kan haar nie eers omhels nadat hy sy vlag gestryk het nie. At best kan hy 'n paar vriende oornooi en haar omsingel… – Closer
Suid-Afrika deur Kapenaars se oë
In ander nuus het scientists uiteindelik uitgevind hoekom Kapenaars nie regtig weet wat aangaan in die res van Suid-Afrika nie…
Watkykjy staan op 3,083,852 post views in totaal sedert 1 November, 2019.