Krieket, British Open en dan nog binnekort Oomlimpiese spele – imagine hoe min jy by jou security guard job in Leyton Stone sou gewees het as dit tydens jou twee jaar rondtos in die Queen se backyard gebeur het?
Vir ons wat op die oomblik meer son in die winter sien as wat daar die hele somer op daai einland vol foreigners was – ek't die afgelope week Braaiboy raakgebraai en met twee huge rugby games more (vroeg-vroeg) kan 'n ding dalk mal geruk word. Fok, as die ou net soveel van rugby as van braai af geweet het.
Then again as jy al meer as een week my advice gebruik het, is jy beslis nie die ou wat in die kantoor rond loop en brag nie.
Jis maar dis tight vir die manne daar bo aan die log. As jy op die punt van die game pole position in jou SuperBru pool het – wel done bra. Needless to say kan die naweek jou dalk 'n paar punte kos. Dis mos Super Rugby Finals Series Knockout Round Eliminators en die Reds kry 'n fokken home game omdat hulle Australian is.
Dit bly net eenvoudig insane.
Maar voor ek weer in my moer in verkeerd predict… Is dit nie about time vir 'n Schalla of Duane tipe yster om paar manne pap te maak nie?
Congrats Stormers, dit confuse mens eintlik hoe dit gebeur het, maar julle het een shot getackle die seisoen. Tonne try-saving tackles, min nommers by die rucks en 'n tryline wat naderhand vir meeste spanne meer soos 'n baksteen muur begin lyk het. Goeie donner dit was met tye, in alle eerlikheid, meer boring as Bulls rugby.
Op daai punt…
Crusaders v Bulls
Opsomming: Win-win situation in Pretoria. Niemand verwag van die Bulls om met daai perde in hul backyard klaar te speel nie. Die feit dat hulle sonder Victor, Bakkies, Rooies en boesman die brak 'n plek in die quarters kon kry is mos klaar mooi.
Stamp hulle per ongeluk die All Blacks, is dit nie net die game wat hulle in die semi-final gaan bring nie, maar dalk ook so bietjie much needed Bok confidence vir die Tri-Nations aka Rugby Championships.
Voorspelling: Niks pis die Bulls meer af as om hulle forwards kak te byt nie. Nie jou beste Steve joke nie, nie jou Stormers trui nie, ook nie jou beste joke oor daai loser pienk truie waarmee hulle jol nie – byt die Bulls forwards bietjie kak in Matfield Square en check wat gebeur. Richie McCaw mag maar vir so ruk ophou wen, maar dalk nie die week nie. Crusaders met 6. Kaapstad se retard Crusaders fans sal mos dan 'n horing kry?
Reds v Sharks
Opsomming: Al die ysters om die log leaders te wees, maar about so voorspelbaar soos jou vrou se mood. Pitch die Sharks drie games in 'n ry is die Reds dalk net een van hulle victims op hulle pad na 'n virgin trophy. Beast is terug in die span nadat hy laasweek so bietjie gietergat gehad het en die Reds is sonder Mr Cooper. Jammer Fransie mag nie jol nie, maar as ons eerlik is met mekaar is dit seker die eerste keer in vyf jaar wat die haaie decent senters het (sonder hom).
Voorspelling: Sharks, Stormers semifinal volgende week. Hoekom nie? Willem Alberts op slot kan dalk iets wees om oor te dink vir die Bokke ook. Niemand like dit om hom te tackle nie (nie eens die Stormers wat addictive tacklers is nie) en daar is moer baie meer flanke as super slotte in die land.
Watkykjy staan op 3,083,861 post views in totaal sedert 1 November, 2019.