Home semifinal in die bank – check.
Conference trophy weer op Nuweland – check.
Agtsteman wat 'n ding mal gaan ruk – o fok!
Môre dra Deon Fourie die nommer agt op sy rug as die Stormers die Rebels pak en hoewel hy dalk soos 'n demonically possessed straatbrak jol, gaan dit nogsteeds erg snaaks wees om te check hoe 'n shorty sy kop tussen twee slotte se gatte in druk.
Mens sou scheme in die liberal capital of Africa staan die manne tou om daai job te doen – toe nou nie.
Credits moet egter aan Jean Div en die boys gaan vir 'n seisoen waar hulle die rook uit alles wat beweeg getackle het en sodoende op die drumpel van 'n paar kief celebration parties staan.
Al het die beseringspook (trots is ek nou op daai fokken woord) ook by hulle angeklop was dit nogals cool dat daar, in plaas van 'n gekerm soos met die Lions, elke keer 'n plan gemaak is om die probleem op te los.
Imagine net vir 'n oomblik hoe groot Scalla en Duane is en hoe seer hulle die average stuk Ozzyvleis op 'n naweek kan maak.
Okay, genoeg lof aan die sophisticated Kapenaars wat amper meer as die Proteas in knock-out games choke.
Review van laasweek se rappie:
Ek's van voor af pissed-off vir die Sharks. As mens na al die spanne in die kompetisie kyk, het hulle sekerlik een van die lekerste groep spelers om van te kies en moes hulle actually die comp dominate soos hulle laasweek die Bulls gedominate het. What a game en as jy toevallig in Snor City bly – gaan check die toename in domestic violence reports wat die cops moes ondersoek.
In Bloem was dit nat en die Stormers het die job gedoen. Lekker. In Jo'burg was was die battle tussen die blindes noggals 'n treffer. Dit het amper soos Cravenweek gelyk – niemand kon vir 'n fok tackle nie. Congrats Lions, julle het so he-te-te amper twee derdes van jul fans verloor.
Wat om Saterdag te verwag:
Dis die laaste week van games en kom Kaptein Kortbroek som gou vir jou op wat die spanne moet doen om dit deur te maak tot die play-offs.
Jy sal check, al wat 'n Super-commentator is gaan lyne gooi soos "hulle moet 'n bonus punt kry," en "as hulle nog 'n drie druk speel hulle teen die Crusaders"
Kort summaray: Verloor is nie goed nie – nooit nie. Die spanne wat wen gaan deur. Slegs die Lions gaan deur as hulle wen – hoewel in gulle geval dit dalk net deur Jolly Roger toe is vir 'n Jolly Rogering.
Hurricanes v Chiefs
Opsomming: Die game is lankal verby.
Voorspelling: Jy gaan die highlights op Blitz check.
Brumbies v Blues
Opsomming: Die Blues kon die Bulls op Loftus stamp maar het sedertdien vergeet hoe om rugby te jol. Daarteen jol die Brumbies die tipe rugby wat mens laat wonder of hulle nie deur 'n Suid-Afrikaner afgerig word nie.
Voorspelling: Ek like Kiwi's meer as Aussies – Blues met 4, net so vir fun.
Crusaders v Force
Opsomming: Hierdie een kan baie lelik raak. Check bietjie hoe sit die Crusaders hul play-off switch aan. Eina.
Voorspelling: Iets morsig soos 35-8 vir McClaw en sy travalies.
Reds v Waratahs
Opsomming: Maak nie saak teen wie die Waratahs speel nie, die game is vir some rede elke keer minder opwindend as 'n hoop sand.
Voorspelling: Reds met gemak (so 8) en dalk 'n dansie of twee deur Digme Ioane.
Stormers v Rebels
Opsomming: Die verskil tussen 'n trophy en nog 'n silwer medalje gaan in die baalans hang hier. Score die Stormers nie 4 drieë nie, is die hol Kaaplands.
Voorspelling: Die Rebels gaan ten minste vier try-scoring opportunities vir die WP gee. Vat dit tog net asseblief vir 'n slag.
Sharks v Cheetahs
Opsomming: Daar gaan Boom wees in Durban, nie daai DP stuff wat jou munchies gee nie. Boom Prinsloo en die Boom jol soos 'n bom. Ironies genoeg is dit hoogtyd dat Boom Super rappie jol. Ongelukkig vir hom is daaar 'n Willem Alberts en Bizzy op die Sharks bench. Ja… oppi bench… sacry ne?
Voorspelling: As die Sharks ons nou al een ding geleer het is dit dat hulle laaik van kak aanjaag op crucial tye. Dink die een gaan baie closer wees as wat ons verwag – Sharks met so 13 nadat die Cheetahs in die 65th minute begin chill.
Bulls v Lions
Opsomming: Voories die bal kom, haak! Kan net eenvoudig nie die Bulls pak sien terugstaan na laasweek se shots nie. Baardbek is ook mos nou skoon geskeer, pappa! Sy post-match speach oor sy tekort aan snorre behoort sy span se hoogtepunt te wees. Sekere hardcore welpie-fans mag dalk reken die Lions agterlyn is beter – I think not.
Voorspelling: Bulls met 'n horing 14 punte. Verloor hulle, word Loftus volgende week op Bid-or-Buy vir R40 verkoop.
Watkykjy staan op 3,110,234 post views in totaal sedert 1 November, 2019.