Right maats,
Oppikoppi het na ons toe terug gekom met hulle finaliste vir die kompetisie waarin jy vier tickets kan score na die festival toe. Hier is hoe dit gaan werk:
Die finalist se video hieronder met die meeste “likes” (nie views nie) op YouTube teen Vrydag 27 Julie 15:00, is die wenner. Oppikoppi was ook gaaf gewees (daai mense is fokken gaaf) en het vyf finaliste gekies in plaas van drie. Hulle het ook reeds besluit dat hulle troospryse gaan gee vir twee van die ouens wat dit nie tot die finals gemaak het nie. Ons sal daai twee wenners more aankondig, want julle gaan sukkel om die twee issues te separate. Die helfte van julle kan nie eers vokin oordentlik spel nie…
Die troosprys is twee tickets na Oppikoppi se main fesitval in Northam en vier tickets na hulle mini Oppikoppi festival, One Night In Cape Town, wat by die Grand West gaan plaasvind op 9 Augustus met Bullet For My Valentine, Seether (nooit my ou, het jy nie geweet Seether kom Koppi toe nie?), Eagles of Death Metal, Enter Shikari, Kongos (fokken nog een?) en nog ‘n klomp fokken ander acts. Groot gees. As jy in die Kaap is wil jy dalk inpull by hierdie jol: https://www.facebook.com/OneNightInCapeTown
Die Finalists
OK, dis tyd vir die finaliste om hulle standaardgraad wiskunde in te span. Carry the four. Dis vanselfsprekend dat sommige videos klaar “likes” op YouTube het, so ons gaan nou alles gelykmaak. Elke video se current ‘likes’ word dus nou afgetrek sodat almal op nul begin en dit word in brackets aangedui. Kry julle tjommies om vir julle te vote of gaan klop deur-tot-deur.
Taking Oppikoppi (11)
Shadow puppets (10)
David Attenborough se wildlife (0)
Shadow Club (19)
Kiss you on the cheek (1)
Watkykjy staan op 3,124,677 post views in totaal sedert 1 November, 2019.