Ons tjommies, K.O.B.U.S se nuwe fokken cool track, Drankduiwel is nou uit. Dis about fokken tyd dat die ouens weer iets nuuts gooi. Dis 'n moerse lekker track. Kyk Maandag straight in die oë en gooi vir hom poeshard en headbang rondom jou desk. Jy kan hierdie outjie for free download van Soundcloud af.
Lyrics:
In die plek waar ek bly staan die bottels op 'n ry van elke liewe alkohol mop aarde wat jy kry. In die oggend drink ek bier en dan iets sterker elke uur en teen 11 uur in die aand is ek so mal soos 'n dier. "Hy suip soos "n maniak, hy suip soos "n vis. Hy staan nie eers meer op nie, sy broek is natgepis. Hy trap die doppie plat as hy "n nuwe bottel knak. Sy oe is bloedbelope en sy kamer ruik na kak." Ek's die doos op die partytjie ek laat altyd vuiste klap. Ek kan vroue nie bevredig nie my voel hang altyd pap, maar ek"s gelukkig in die bottel, horingdronk gaan ek bly en as die bottels almal leeg is gaan ek 2 keer soveel kry!
Maar natuurlik kan ons jou nie sommer net so laat wegkom met awesome stuff nie. Dis Maandag en jy moet effens suffer. Sorry maats, maar hierdie moet gedoen word. Sien dit so: Jou week kan net beter raak na hierdie kak. Geniet asseblief die literal video wat deur 'n kat met Parkinson's afgeneem is.
Watkykjy staan op 3,047,920 post views in totaal sedert 1 November, 2019.