Na so so jaar of drie raak jou compoester al hoe stadiger en dis jou eie skuld. Jou desktop lyk soos jou fokken lessenaar by die werk. Klomp kak wat rondlê. Jy save mos alles desktop toe sodat jy dit “makliker kan vind”. Alles van videos, foto’s, folders binne folders, jou invoices en jou CV. ‘n Lekker fokken aborsie. Katte kry kleintjies in netjieser plekke. Elke nou en dan download jy ook een of ander freeware of ‘n trial version van een of ander software. Jy wil mos net gou daai porn movie convert wat jy nie met Media Player kan kyk nie. Wat? Dit het limitations? En so hou jy aan rondfok tot jy die regte sofwtare package kry wat “werk”. Jy het later so fokken baie van die goed dat jy altyd die verkeerde een eerste oopmaak.
En jy click mos net fokken next op alles wat jy install. “Add shortcut to desktop?” Ja, fok, hoekom nie? “Add to start-up menu?” Pick ’em up! Browsers moet mos daai extra search bars en kak bykry. Firefox of Internet Explorer moet mos soos fokken kersfees lyk as jy die interwebs surf. Hoe lyk jou inbox en deleted items op Outlook? Deleted items (1145). So mooi in blou. Jy het dit nie permanent delete nie. Dit lê daar saam met duisende ander kak. Jy het nie tyd om te auto-archive nie. Fok daai kak, dit gaan jou laptop net stadiger maak. En so maak jy kak vir jouself. Met elke reboot vat die fokken ding langer, so jy hou hom maar aangeskakel eventually. Vir ewig, want fok ESKOM en fok Microsoft se updates ook. Now installing 1 of 8. Watse kak is dit? Mettertyd is jou PC stadiger as ‘n kleuter wat ‘n Venter trailer met pap wiele vol lood oor ‘n grasperk trek (het jy nie so foto op jou desktop nie?). Wag, jy het ‘n solution – sit jou anti-virus af, want fok weet, dit like van memory en CPU vreet. Daarsy, sit nou terug en laat jy onwetend viagra e-mails uitstuur na almal op jou address book. Fok, jy’s ‘n doos!
Op ‘n stadium begin dinge vieslik uitfok. Jou USB drive en SD card reader werk soos die regering – net die dag wanneer hy lus het, jou sound hou op graft, programme fok uit en wil nie ‘n poes re-install nie. Seker ook omdat jy twintig verskillende drivers ook probeer update het en met die verkeerde kak deurmekaar geraak het. Jy het basically oor so paar maande stadigaan ‘n houtpiel vol splinters in jou PC se registry ingedruk en nou is Bill Gates, nie jy nie, ‘n poes.
Dis tyd om ‘n nuwe blaadjie om te slaan. Tyd om jou laptop se vuil bekakte ontie uit te trek en ‘n vars ene om sy boudjies te sit. Dis tyd om Windows 7 te re-install. Soos ‘n doos… Hierdie is nie ‘n techie whitepaper nie, so jy kan maar daai fokken neus uit die lug uit haal. Hierdie is die hardkoppige, dom-astrant manier om dinge aan te pak.
Daar is vyf basiese steps met jou extreme make-over:
- Back al jou shit op
- Maak ‘n lys van software wat jy moet re-install
- Install Windows
- Install jou software
- Sit al jou kak terug
Back al jou shit op
Ek neem nou maar aan dat jy ‘n external hard drive het wat groot genoeg is. Al daai kak op jou desktop? Maak ‘n folder genaamd “Al my kak” en poes alles daar in. Gaan soek op jou laptop se hard drive na alles onder my documents en alles in daai obskure folders wat jy gemaak het en gooi dit ook in jou “Al my kak” folder op jou hard drive. Copy alles, want jy kan nie onthou of jy sub-sub-sub folders gemaak het met die eerste foto van jou niggie wat borsvoed nie. Jy wil nie daai precious shit verloor nie.
Een van die belangrikste goed is sekerlik jou e-mail op Outlook. Jy wil al daai account settings behou soos jou reminders, contacts en al jou e-mails seker ook. Outlook (2007 en ouer, in elk geval) het nie ‘n export function daarvoor nie. Al jou e-mails word in .pst files ge-save. Hier is hoe jy dit kry: Click op start/run en tik in %userprofile%\local settings\application data\microsoft\outlook – copy al daai files na jou external hard drive toe. Om al jou account settings te kry moet ons gaan rondfok in die registry. In start/run maak regedit oop en navigate na hierdie deel toe: HKEY_CURRENT_USER\Software\Microsoft\Windows NT\CurrentVersion\Windows Messaging Subsystem\Profiles\ – kies die key/profile wat jy soek en op die file menu, kies “export” en gee die outjie ‘n naam. Maak seker hy het ‘n .reg extension.
As jy al jou interweb browser se settings soos bookmarks, history en passwords wil behou, is dit ‘n goeie idee om ‘n backup van jou browser se settings ook te doen. Firefox het byvoorbeeld nie sy eie export function nie, wat nogals tos is, maar MozBackup is ‘n piele utility en werk befok, so download hom hier: http://www.mozbackup.org/
Maak ‘n lys van software wat jy moet re-install
Gaan deur jou compoester se programs en gaan kyk watter van die software jy regtig weer nodig het en maak ‘n lys. Jy het dit dalk iewers op disk of dis dalk heel maklik om weer te download of in die hande te kry by ‘n tjommie of iemand by jou graft of in jou klas. Maak ook seker jy het al die serial keys wat jy sal nodig kry. As jy software oor die interwebs gekoop het is die kans goed dat hulle vir jou ‘n serial key gemail het, so gooi dit iewers in ‘n text file op jou external hard drive. Onthou, dis tyd vir ‘n nuwe begin, nie om al die onnodige kak weer oor te load en jou registry van voor af op te naai nie.
Install Windows
Dis maklik om Windows te install. Enige doos kan dit doen. Jy delete of create nuwe partitions en dis net click en “next” die hele tyd tot die outjie run. Wat jy wel van moet seker maak is dat jou laptop kan boot van die DVD drive af, so gaan maak seker jou boot sequence kan dit handle. Dit sal iets soos F2, F10 of F12 wees wat jy moet druk as jy restart. Nog belangriker – en dit geld vir enige software op CDs en DVDs – check dat die disk nie fucked is nie. As jy hom teen die son ophou en dit lyk of die disk kaal in ‘n boks klippe geslaap het agter op ‘n Nissan 1400 wat grondpad gery het, gaan jy nie vêr kom nie. In fact, jy gaan glad nie kom nie.
Install jou software
Install nou weer al jou software soos Office en what not. Om jou mail terug te kry soos wat dit was: Daai Outlook regstry key wat jy ge-export het? Double click op hom. Al jou mail settings is weer piele. Tik nou in start/run weer %userprofile%\local settings\application data\microsoft\outlook om die location vir jou Outlook vibes op jou “nuwe” PC te kry en copy jou ou .pst file oor.
Jou drivers is voglende. Jy het heel moontlik jou installation disk met al jou drivers op weggepoes die oomblik toe jy daai vars laptop uit sy bubble wrap geskeur het met ‘n moerse horing. Moenie worry nie, dis waarvoor SlimDrivers daar is. Dis ‘n free application wat jou drivers automaties opspoor. Jy kies wat jy kort, download dit for free en jou drivers is weer sharp. Dit word deur PC World, Cnet en dies meer ge-recommend, so dis safe. Windows7 behoort in elk geval jou basic drivers op te tel sodat jy at least internet connectivity sal hê. Jy het mos jou wireless router se password iewers neergeskryf?
Sit al jou kak terug
Moet nou nie ‘n doos wees en jou “Al my kak” folder weer net so oor copy na jou nuwe desktop nie. As jy so lank met daai deurkemaarspul kon lewe kan jy net sowel nog ‘n rukkie uithou. Werk maar vir ‘n ruk van die external disk af en copy dit wat jy wil behou stelselmatig oor na ‘n oordentlike structure toe. Porn hoort onder porn en al jou MS docs en spreadsheets hoort onder ‘My Documents’.
Dis dalk ook tyd om anti-virus software te install. Iets soos Kaspersky, Avira of AVG word hoog ge-rate, maar jy behoort totally fine te wees met Microsoft Security Essentials. Dit hang maar van persoonlike oortuiging of ondervinding af. Lees ook gerus reviews om jou eie mind op te maak. ‘n Goeie resource is Cnet – in fact, dis ‘n poescool resource vir enige tech reviews, of jy nou ‘n nuwe kamera of software wil uitcheck vir legit-geid.
Probleme
Moenie dink dat alles sommer net smooth sal loop nie. As jy ‘n oorhaastige doos soos ek is, gaan dit jou fokken hard brand. Ek het byvoorbeeld twee jaar se e-mail weggepoes deur fokken onnoselheid. Daai .pst file waaroor ons vroeër gepraat het? Myne was 12gb groot en ek kon hom nie oorcopy na my external hard drive toe, want ek het gedink dis 1995 en het die drive ge-format na FAT32 toe en reeds 300gb se “al my kak” oorgesit. Probleem met Fat32 is dat jy nie files groter as 4gb kan copy nie. Wie fokken format nog shit na FAT32 toe? Dom doos ek, dis wie. Ek het ook nie verder as my kort piel gedink nie en ook nie die file op ‘n memory stick gesit nie en toe die hard drive ge-whack. Alles gone. Is sy poes in. Gelukkig is daar iets soos R-Studio, ‘n recovery software wat alles kan terugkry, even al het jy partitions delete en aapkak gegaan. Dit werk ook lekker vir as jy per ongeluk jou honeymoon foto’s van jou SD card af delete het en moet terug kry. Doen dit net voor jou Rottweiler die SD kaart opvreet. Dis fokken duur software, maar as jy ‘n seerower is, is alles op die interwebs mos verniet. Ek gaan julle nou nie in die verderf in lei met die link na Kick Ass Torrents toe nie.
Om goed vir myself nog moeilker te maak, het ek soos ‘n fokken corki my partition waarop ek Windows install het kleiner as my brein gemaak en was op die punt om Windows7 van voor af te install terwyl ek onbedaard huil. Soos ‘n doos. Gelukkig het ek afgekom op nog ‘n free software, EaseUS Partition Master wat my toegelaat het om die partition te resize na 80gb toe. All-in-all twintig minute se detour en ongeveer sestig minder vloekwoorde.
Fokken wysneuse
Natuurlik kry jy die mense wie se piele permanent aan hulle Macs, PCs of Ubuntu masjiene geweld is. Die fanboys, jy check? “Kry net vir jou ‘n fokken Mac!” of “Laai net Ubuntu op en jy sal nooit weer probleme hê nie!” Dis soos daai ouens wat om ‘n braai staan en fight oor of Audi beter as BMW is maar hyself ry ‘n Polo (die ou shape. met ‘n tape deck). Hier is die ding: Sommige mense wil nie nuwe shit probeer nie en is gewoond waaraan hulle gewoond is. As jy zak spandeer het op software wat jy oor die interwebs gekoop het wat net op Windows werk is dit unlikely dat jy jou zak net sommer so gaan koebaai tune. Sure, Ubuntu/Lynix het ‘n antwoord vir enige software, maar dit lyk en werk altyd kakker. Dis soos om no-name cola of Pepsi saam met brannas te drink. Mac en PC is ook maar ewe faktap. Ek het beide. Vir verskillende redes. Hier is hoe ‘n PC crash: “Ooooh my fooook!” (begin agteroor neerbliksem) “Ek fokken sukkel!” (begin sy eie tong te sluk en kont alles van jou tafel af soos hy sy hart vashou) “Eina, poes!” (gooi jou met blou screens en spinnerakke en fok uit). Hier is hoe ‘n Mac crash: (in ‘n sagte, gay stemmetjie) “O my liewe jirre, ek gaan flou word!” (gooi jou met ‘n nice wit screen met sagte shades en error messages).
Altwee fok ewe hard uit. Die Mac lyk net mooier as dit gebeur. Die eindresultaat is dieselfde: dis nou jou fokken probleem en jou naweek is in sy fuck you in…
Watkykjy staan op 3,048,220 post views in totaal sedert 1 November, 2019.