Dis naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffin

Jammer vir die onderbreking. Ons sal wel duik. Jy moet net eers deur hierdie kak lees:

Ons het ongelukkig nog iemand opgespoor wat die bodem van die barrel geskraap het.

"Ek sal jou nooit nie los. My tokke-los-los. As jy vir my so kyk, trek ek my sokkies uit". Nouja, mens kan nou nie veel hieroor sê nie. Behalwe dalk dat die goose wat hier sing nie 'n fokken idee het wat 'n tokkelos nie. Dis waarvoor Wikipedia daar is: "'n Tokkelos word gesien as 'n harige, kwaadwillige, klein kabouteragtige, magiese skepsel wat met Sangomas, of "toordokters" geassosieer word". Hou in gedagte dat hierdie vanaf die AFrikaanse Wikipedia page kom, so whoever daai page ge-update het weet amper net so min van die klein kak af soos die chick in die video. Kom ons kyk wat tune die rooinekke: "Tokoloshes are called upon by malevolent people to cause trouble for others. At its least harmful a tokoloshe can be used to scare children, but its power extends to causing illness and even death upon the victim. The way to get rid of him is to call in the n’anga (witch doctor), who has the power to banish him from the area."

Nouma gaaf, laat die hofmakery voortgaan. Hoop die tokkelos vat die goose at least Milky Lane toe. Dis die minste wat hy kan doen voor hy haar dood veroorsaak wat moontlik direk verband hou met die horrible paarrym en musiek wat klink of dit uit S'karumba se choros ge-zoi is. Of die feit dat Afrikaanse choreogrpahy in music video's nie veel verder strek as die Blou Bulle se cheerleaders nie:

duik

Hey, waantoe hardloop jy? Kom terug – ons is nog nie klaar met jou nie, my fok! Ons gaan van nou af elke Vrydag  'n CD weggee vir 'n gelukkige avengersWatkykertjie. Al wat jy hoef te doen is om vir ons 'n wenner "duik" prentjie te stuur. Dis fokken eenvoudig. Kyk na na ons duik pics en wat dit tune. Maak een en stuur dit in na griffin at watkykjy dot see-oh dot zet ei. Ons sal elke Vrydag die wenner announce en sy kom-pakskyfie vir hom pos. Ons mag dalk elke nou en dan 'n DVD ook swing. Volgende week se wenner sal die Avengers movie se soundtrack wen. Check die tracklisting. Miskien is dit iets wat jy by jou collection wil voeg. Ok, nou kan jy maar fokof!

avengerssoundtrack__120328211525

Hierdie post is 1,051 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,147,073 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinDis naweek, kom ons fokken duik!