Ek't die week per ongeluk 'n media guide vir die Olimpiese spele gecore en dit is seriously kaksnaakse leesstof.
Nou mens kan verstaan dat dit moeilik sou wees om elk van die 116-odd atlete te corner vir 'n kiekie, maar donner, die idee om elkeen se gesig op die selfde lyf te loop staan en Photoshop is bra stupid.
Klein koppies op huge lywe lyk erg tos, maar at least lag al my tjommas (okay al twee my tjommas) elke keer as ek dit vir hulle wys.
Vandag is daar beslis vuurwerke in London as al die mense wat meer van gym as suip hou agter daai vlam aan mission en dan oor die volgende drie weke bokdrolle spoeg, klippe gooi en belaglik vêr snol om te check wie is die beste in die wêreld.
Die hoofpaviljoen is ook om die draai van Leyton waar verstomend baie mense uitmaak van Bloed Rivier.
Olympics is als moerse confusing vir my en gladnie so lekker soos rugby nie maar wat my wel interresseer is die voorspellings wat gemaak word oor hoeveel medaljes ons gaan terugbring.
Weird hoe Engeland wat so groot soos die Vrystaat is ons gatte gaan skop.
Anyway, waar ons rugby legends groot zak kry om in mekaar vas te hardloop – byt bal, ek's nou by die ware Jakob – pay atlete minder as meeste onderwysers (so basically dieselfde as die gemidelde kar guard) en nou scheme ons tjoppie tjops – 12 medaljes is maklik.
Kyk, ek hoop ons kry soveel, maar daar is ook n moerse kans dat ons nes in Beijing weer op grootskaal gaan naam ruk. Ons was net so optimisies voor daai mission, maar het stert-tussen-die-bene met 'n volle 1 gong terug gekom.
Miskien sal ons atlete beter vaar as daar so bietjie jam-blikke-visblikke vibes daar gegooi word. Of dalk sal ons atletiek so goed soos ons rugby word as die ringkoppe wat in beheer is minder pitte aan kak spandeer.
Who am I kidding? Atletiek is kakboring, kom ons check bietjie more se rugby.
Eers kon ons in vandag se game tussen die Chiefs en Crusaders mooi check hoe Craig Joubert nou behoorlik gatvol vir Richie McClaw geraak het. Hy't laasjaar by die World Cup feitlik die man gehelp om die trophy te lig deur fokol penalties vir Frankryk te gee nie en was gister heel duidelik anti- McClaw. Well done, Craig.
Om so klomp All Blacks te check jol maak my ietwat bang, maar well done Chiefs, julle het die 20-17 wen verdien.
Sorry Cape Crusaders fans, julle manne kon toe nie die paal haal nie – nogmals dankie Craig vir jou hulp – so as die Stormers more raak tackle sal hulle actually home ground advantage hê in die final. Dankie tog.
Laasjaar se semi teen die Crusaders was iets mal – ek onthou hoe die Cape Crusaders op die Stormers geskree het toe hulle van die bus afgeklim het – "Jou me se poes!"… Nee sies man!
Nou vir more se Stormers/Sharks semi-final.
Opsomming: So goed as wat die Sharks jol, en gejol het om dit tot hier te maak, kan ek nie help om hulle fokop teen die Lions te onthou nie. Hoe hulle daai game weg gemoer het weet die hemel alleen. Het hulle in Joburg gewen kon hulle selfs een van die games op Kings Park met sy totally awesome braaivibes voor die game gehou het. Shit, daar is min plekke waar mens so lekker voor 'n game kan kuier as op die gras langs daai pawwie.
Click die Haaie, more kan hulle net sowel Nuweland bulldoze en in daai moerse sokker stadium skuif. Bismarck, Beast, Willie Alberts en Kankowski met daai poodle Michalak agter – sho, sho, sho, … geen wonder die Stormers was so stom die week nie. Kan hulle dit doen? Wel, hulle het nog net twee keer in 16 games verloor en was in die battles teen die Crusaders (in Christchurch) en Sharks (in Durban) naby genoeg en al lyk dit nie altyd mooi nie, maak hulle uit van pressure absorbtion.
Sponge Bob dalk die nuwe Stormers mascot…
Voorspelling: In week een het ek begin om my ballas te wys, so let's go! Stormers om dit met 5 punte te wen. Kla gelag. Dis nou of nooit vir Jean en die manne, hulle verdien 'n trophy. Ek gaan ook my polse afkou as ek nog eenkeer by 'n braai moet staan en luister hoe die WP manne gemok word oor hulle laas in Verwoerd se tyd 'n beker gewen het. Ja dit was Verwoerd se skuld. Anyway, dit gaan 'n monster wees, so PVR die game vir my asseblief want ek mag dalk net 7 brannas voor die res van die papsak specialists wees. Etzebeth, Coetzee, Ginger Kitshoff en Elstadt – jong manne wat nog groot ruggas gan jol.
Watkykjy staan op 3,056,186 post views in totaal sedert 1 November, 2019.