Ons is vanoggend sommer vroeg uit die wegspringblokke uit met ons bizarre video vir Donderdag, maar voor julle hom kokkenodge, check eers een van ons nuwe entries uit vir daai Oppikoppi tickets. Onthou, jy het nog net kans tot volgende Vrydag om vier kaartjies te wen om drie van jou tjommies saam te vat, so maak bietjie werk daarvan en trek jou vinger uit jou hol uit.
Ons nuutste entry:
Raait, dan kom ons uiteindelik by vandag se episode ban Bizarre Bedonderde Donderdae. Dit lyk of 'n paar besigheidsmanne bymekaarkom en beplan om 'n nuwe club in die Moot oop te maak omdat daar fokol ander lekker plekke daar is. Dan is daar ook die sub-plot – die kwessie van Jessica. Alles in 2 minute ingeprop. Maak die storie enigsins sin? Nottewiel, my bra…
Watkykjy staan op 3,124,118 post views in totaal sedert 1 November, 2019.