More maats. Teen die tyd dat jy hierdie lees en as alles vlot verloop, is griff en Kaptein Kortbroek hopelik besig om in ‘n Ferrari California om ‘n race track rond te jaag en fokken nice foto’s en videos te neem.
Ons was bietjie gedruk vir tyd omdat ons die res van die week fokken lekker goed moet doen terwyl jy moet graft en huil, maar hier is die week se Bizarre Bedonderde Donderdag video nietemin. Die Boksombende wil fokken graag Oppikoppi toe gaan maar hulle het fokol zak, so daar moet ‘n plan gemaak word, want Oppikoppi is vlak om die draai…
O en by the way – as julle nie weet wie hierdie Hendrik Geeldbaadjie is van wie Trompie praat nie – jy sal hom heel moontlik raakloop by Oppikoppi. Vra sommer vir hom hoeveel empties hy moes ingee om Koppi toe te gaan as jy hom sien en tune hom Griff stuur groete. Moenie vergeet nie. So lyk die ou:
Watkykjy staan op 3,110,848 post views in totaal sedert 1 November, 2019.