Omdat daar nie meer baie early bird tickets oor is nie (25), het ons geskiem om darem 3 normale double tickets ook weg te gee na die Watkykjy Pre-Apokalyptic Year-End Function wat Saterdag by Zeplins in Centurion gaan grootgaan met Feed The Wolf, Die Antwoord en The Wedding DJs. Kry julle tickets hier: https://www.watkykjy.co.za/party.html
Al wat jy moet doen is om onder in die comments te tune watter boodksap versteek is in die QR prentjie hieronder. Die wat weet hoe die goed werk sal dit uitfigure. As dit nie vir jou sin maak nie, moenie worry nie. Jy sal nog eendag leer hoe dinge werk…
Die eerste drie korrekte antwoorde sal elk 'n double ticket na die show toe score (en dalk so ietsie extra), so maak seker jou e-mail adres vir die comment is legit.
Watkykjy staan op 3,110,231 post views in totaal sedert 1 November, 2019.