Watkykjy het die afgelope Saterdag een moederfokker van ‘n party by Zeplins in Tjoeras gegooi met Feed The Wolf, Die Antwoord en The Wedding DJs. Meeste mense wat daar kom party het hardloop vandag eers weer teen 86% battery power. Griff het even ‘n trippie in die polisie se van gevat vir so 40 minute hier teen 05:30 Sondagoggend. Great manier om ‘n Sondag met ‘n kak hangover te begin…
Moerse thanks vir almal wat uitgehelp het vir die aand: BraaiBoy en sy crew, Blink Stefanus vir die kief shirts en befokte bier, BlueArray vir die grootste sound en visuals wat al ooit in ‘n club gesien is, al die bands en al die ander tjommies wat kom uithelp het. En thanks vir almal wat kom saam party het. Dit was poeskoud in Centurion gewees, maar dit het nie gelyk of iemand juis ‘n fok gevoel het nie.
Ons beplan om dalk later in die jaar ‘n vet fokken jol in Kaapstad ook te gooi, so dink bietjie solank aan watse venue julle sal wil nominate en watse bands julle graag daar sal wil speck. Ons mik vir ‘n plek wat so 2000 zefgatte kan vat wat uitfok en holswaai op dik tunes.
Hieronder is ‘n recap van die aand – ‘n kort video deur Zirkie en so 50 of wat foto’s wat deur Henry Engelbrecht en Nelis Botha geneem is. Right click maar op die thumb nails en maak die foto’s oop in ‘n nuwe tab as jy alles wil speck. Ons gaan nou nie ‘n fokken fancy album met sliders en sparkles en kak hier drop nie…
As jy dalk foto’s of videos van die aand geneem het, drop dit iewers op Vleisbroek of Flickr en kap ons met ‘n link.
Wedding DJs – fotograaf: Henry Engelbrecht | ||
---|---|---|
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
||
Feed The Wolf – fotograaf: Henry Engelbrecht | ||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die Antwoord – fotograaf: Henry Engelbrecht | ||
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
![]() |
Die Antwoord – fotograaf: Nelis Botha | ||
Watkykjy staan op 3,092,340 post views in totaal sedert 1 November, 2019.