Face/Off: update
Die mal kaalgat bra wat verlede week 'n persoon se gesig begin eet het op straat in Miami, was blykbaar op badsout gewees. Moenie worry nie, jy is veilig in hierdie poeskoue winter met jou Radox as jy in die bad jou zaber se helmet skrop. Badsout is net die common straatnaam vir die nuwe drug. Mense raak blykbaar heeltemal gefok op die goed en daar word gereken dat dit die gevaarlikste drug op straat is. Basically kan jy al die kakste amphetamine-tipe elemente van tik, cocaine PCP, LSD en Ecstacsy verwag in hierdie een drug. Op die strate staan dit ook bekend as Ivory Wave, Vanilla Sky, Bliss, Dynamite en Purple Rain. Die drugs is way back in die 1920's in Frankryk vervaardig maar het net so vinnig verdwyn, totdat 'n underground chemist dit weer uitgesnuffel het en die resep op 'n website gesit het in 2004.
Hier is 'n video van 'n ou wat 'n overdose net-net oorleef het. Dis seriously fokken crazy shit! – Forbes
Canninal porn star gevang
Ons dwaal nie ver weg van die weirdness af nie na die Miami storie nie. Luka Magnotta is 'n porn star van Kanada wat 'n videotape gemaak het van sy Chinese lover en dit online gepost het. Nie van hoe hulle naai nie, maar van hoe hy die ou slag terwyl 'n tune van American Psycho in die background jol. In die 11 minute lange video steek hy die kaal ou blykbaar met 'n ice pick, sny sy keel en doen nog so paar ander unmentionables met die corpse. Whatever hy toe nie gevreet het nie, het hy vir politicians gestuur. 'n Hand hierso, 'n voet daarso…
Die stupid mal fok is eventually in Duitsland vasgetrek in 'n internetkafee waar hy besig was om stories oor homself op te soek. Na hy eers so paar leuens probeer vertel het het hy eventually doodluiters admit: "You got me" – New York Daily
Die aarde raak fokken mal…
Looi 'n plooi
'n Oumagrootjie in Whales het het vir haar 'n toy-boy van 38 jaar jonger as haarself gekry. Dit was blykbaar haar man se laaste wens voor hy 2010 die lepel in die dak gesteek het. Sy het omtrent vyftigduisend Rand spandeer om haar tiete van 'n A na 'n F toe te vergroot. 'n Werklose 28-jarige dude het haar nuwe longe op Facebook gespeck en die krimpie begin boodskappe stuur en SMS. Die ma van 4, ouma van 7 en oumagrootjie van 13 het adgespreek om die ou in 'n hotel te ontmoet na omtrent R8000 se oproepe en hulle het die kak uit mekaar genaai. Hulle is blykbaar happy. Meer happy as wat die krimpie tannie se kinders is waarvan almal in hulle veertigs is en die nuwe vent dalk binnekort "pappa" moet noem. – Huffington Post
Watkykjy staan op 3,048,180 post views in totaal sedert 1 November, 2019.