Die afkorting is HKGK en as die Stormers Saterdag jol soos ons weet hulle kan, kan die kak behoorlik spat. Hulle sal dalk uit die kompetisie moet onttrek en dalk sommer ook hulle naam verander.
Sien die Lions gaan op Nuweland pitch met 'n nuwe Super Secret geheime wapen. Hierdie ding is sterker as Schalk Burger, vinniger as Gio Aplon en meer effektief as 'n trade-mark Jean de Villiers sidestep. Dis nie 'n nuwe soort fop-aangee nie, en dit werk ook net as hulle met meer as 20 punte verloor.
Hulle roep hom die "Crybaby".
En goeie bliksem, dit werk soos 'n bom! Check maar net wat het met daai kaalkop coach van hulle gebeur. Die arme skinhead het nog gescheme hy kak sy manne uit oor hulle teveel Mimo's munch toe trek hulle 'n vuil een op hom en gaan huil by Mufasa.
Mufasa rook glo heavy baie boom daar in sy Hilbrow office en het toe self gescheme dis dalk nie so bad idee om die bra wat vir hulle laasjaar n Currie Cup gewen het 'n pit te druk. Hoe dan nou anders in die diertuin waar die Lions nou al vir jarrre aan die agterste speen suig?
Hulle ranking in die "jungle" is nou al so kak, esels word met meer repsek hanteer. Dalk is dit beter dat ons eerder bietjie weer 'n oog gooi op die naweek se ruggas, want die Lions is deesdae meer soos jou standaard 7de Laan episode – genoeg om enige regdenkende mens tot selfmoord te dryf.
Die groot gesuis die week gaan oor die Bokke wat terug is na die drie weke teen die Pommies. Kyk, ons het nie regtig iets om oor te brag na daai games nie en ek dink julle sal met my saamstem dat die All Blacks ons dalk soos Lions gaan laat lyk as ons nie gou die regte manne begin kans gee nie.
Credits aan die meisieking (Wynand Olivier). Hy't finally 'n shot gejol in die groen en goud – wys jou wat 'n haircut vir n man kan doen.
Hier volg 'n paar idees wat jou SuperBru dalk kan laat skyrocket (let asseblief daarop dat ons hier aansienlik minder kak praat as daai Ballas Radio mense wat so lieg… uhm on the other hand Darren – hou op kak praat.)
Highlanders v Chiefs
Opsomming: Van die games wat in die overseas gespeel word is die beswaarlik die een wat jy moet check! Ongelukkig sit jy dalk op kantoor so hou jou twitter dop of kry een van daai mini-tv gadgets want dit behoort te kook.
Voorspelling: Om in daai Dunedin yskas te gaan staan en wen is moeilik maar holly shit, die Chiefs lyk warm – gee hulle so vier.
Rebels v Reds
Opsomming: Die game begin net so voor lunch, en jy gaan teen die tyd heavy lus wees om te duik. As jy dit nie teen die tyd weet nie, let me remind you… twee Ozzy spanne teen mekaar maak my bietjies bietjies in my mond kots.
Voorspelling: Reds is moerte as hulle verloor so kom ons hoop dit gebeur.
Crusaders v Hurricanes
Opsomming: Eers die Cane dan die wyn dan die bottel brannewyn. Gaan haal jou broek in Bloemfontein, met die aeroplane en gee dit vir die Hurricanes as hulle in Christchurch wen.
Voorspelling: Crusaders maak uit van hard speel as die trophy nader kom – gee hulle so 12 punte.
Force v Brumbies.
Opsomming: Okay ek sal die skaapsteker derby Saterdag kyk maar net vir een rede: Hooper en Pokock pak mekaar en een van die twee gaan bloei. Hopelik altwee.
Voorspelling: Snake White leer die klomp convicts boere rugby speel so hulle behoort met so 16 te wen.
Stormers v Lions
Opsomming: Scroll tot bo op die bladsy.
Voorspelling: Die Stormers sukkel gewoonlik om uit die blokke te kom na pouse, maar behoor die pyp te rook. Dit kan dalk tricky wees aangesien die Lions hul Crybaby tactic mag gebruik en dalk ook 'n punt try bewys. Stormers met 19 (meer as dit sal kak veroorsaak)
Bulls v Cheetahs
Opsomming: Morras moenie worry oor die ref nie, Morras moenie worry oor die speech nie… worry eerder oor die horing brigade wat jou eiers gaan uitruk as jy daai eerste skop pale toe mis.
Voorspelling: Dit mag dalk reen in die Vrystaat as die Cheetahs wen en as Brussow sy way kry kan dit dalk net gebeur. Die Bulls was egter vir drie weke nou saam op 'n toer (Bok kamp) en behoort die een deur te druk. Bulls met so 5 of 19 as Steyn beter mik.
Watkykjy staan op 3,083,276 post views in totaal sedert 1 November, 2019.