Just Plain tjatjarag – internet radio stats word gekook

In Wat is nuus? deur griffin

Shaun Dewberry, 'n IT boffin-hacker dude het Maandag 'n report release waarin hy met sy eie bewyse en kennis wat spruit uit 12 jaar se ondervinding bekend gemaak het dat online radio stasies in Suid-Afrika se stats erger  as 'n Cortina se tekkies gekook word deur hulle service provider, NetDynamix. Ons praat hier van claims van listenerships in die 50k en 60k terwyl dit in werklikheid net onder die honderd of oor die paar honderd is vir van die stasies. Van hulle clients sluit stasies in soos Darren Scott se Ballz Visual Radio en 2Oceansvibe radio. Die implikasies is dus groot vir hierdie stasies se adverteerders wat  poesbaie zak by hulle spandeer op grond van die hoeveelheid "luisteraars" wat hulle het.

Lees gerus die hele report hierso: http://dewberry.co.za/wp-content/uploads/2012/06/The-Truth-behind-Streaming-Internet-Radio-in-South-Africa.pdf

Just Plain Tjatjarag het toe vir Shaun gebel en 'n laerskool tipe fight met hom ge-pick live on air en as jy enigsins tech savvy is, sal jy merk dat hy die fight verloor het – nie alleen in sy redenasie en gebrek aan kennis nie, maar deur sy houding ook. Hy kon net sowel 'n wedgie ingewerk het en die outjie se lunch money gesteel het. 'n Groot kakstorm het op die internet losgebars en die storie is eerste opgetel deur MyBroadband, kompleet met independant expert opinies en what not: http://mybroadband.co.za/news/internet/53479-shocking-claims-about-online-radio-in-sa.html

NetDynamix het op hulle beurt vir Shaun Dewberry gedreig met 'n interdik in die hooggeregshof en hom ses ure gegee om sy report te verwyder en met sy hoed in die hand vir almal om verskoning te vra – wat hy nie gedoen het nie. Amper soos die die ANCYL gedreig het om Twitter toe te maak destyds. Cowboy vibes. In plaas daarvan om die aantygings verkeerd te bewys het hulle 'n press release op die interwebs gegooi wat lyk of dit deur David Copperfield geskryf is en nie regtig enige van die aantygings refute of aanspreek nie: http://www.2oceansvibe.com/2012/06/27/netdynamix-responds-to-internet-radio-listenership-allegations-press-release/

As jy fokol het om weg te steek sal jy mos dadelik jou bewyse uit jou gatsak ruk, die ou wat jou kak tune se naam gat maak en die klere van sy lyf af sue en in die see injaag met 'n knopkierie?

Ons gaan nou nie die hele fokken storie hier cover nie en jy het dit heel moontlik reeds iewers op die interwebs raakgelees – daar is genoeg leesstof om jou me besig te hou op MyBroadband, hulle forums en die ander links.

Een ding is verseker – hierdie spuitie reenbui wat uitgesak het sal vêrreikende gevolge hê en het verseker 'n gedeelte van die internetlandskap in SA verander. Even die DMMA moet nou dringende meetings hou om te kyk hoe 'n standaard geskep moet word om te verskeker dat adverteerders nie 'n rat voor die ogies gedraai word nie – http://www.dmma.co.za/news/dmma-measurement-objectives-include-digital-radio/

Check gerus Just Plain Kerm se video uit en maak jou eie mind op nadat jy alles gelees en uitgecheck het. Hulle het die video intussen van YouTube af remove (of eerder private gemaak) – wonder hoekom? En weer later public gemaak. Ons het iemand gekry wat dit gesave het, so as hulle dit verwyder sal ons dit weer oplaai:

Update: Hoor hoe die ouens van NetDynamix water trap. Alle sprake van 'n hofsaak is ook by die venster uitgefok soos 'n ou effie:

Hierdie post is 100 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,147,174 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinJust Plain tjatjarag – internet radio stats word gekook