Dis naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffin

Vandag kom julle nie so maklik weg nie. Ons gaan spiteful wees. Jy weet soos wanneer jy iets aaklig gesien het en jy wil nie die enigste een wees nie? Wel, fok julle – ons wil nie alleen suffer nie.

Dis vreemd dat mense aanhou om Afrikaanse kak deur die worsgrinder te gooi, maar meer vreemd die mense wat die kak opvreet vir soetkoek soos dit by die kazozpyp uitkom. Tipiese  unts-unts sokkie beats wat enige doos met ‘n bietjie software aanmekaar kan sit. Wat is die volgende stap? Jy gebruik sommer jou eerste naam om kop eerste deur die Afrikaanse poefgaatjie van popmusiek te duik. Iets soos Natasha, Johandrie, Henk-Marie of Lizanique. Jy weet mos wat jou eerste naam is. Volgende stap is om jou Casiotone beats bietjie lyf te gee met  onuitspreekbare babataal kak soos skarumba en dergeliks. Onthou ook om asseblief baby iewers in te forseer soos ‘n slap piel. Laastens kort jy ‘n musiekvideo, so hou VH1 moerse fyn dop, veral vir die ouer songs wat al wit en droog is soos daai hondekak wat jy nogsteeds nie optetel het van jou grasperk af nie. Copy sommer die eerste idee wat jy sien en maak ‘n video 10 keer kakker as dit. Iets soos Britney Spears. Laat pappa betaal. Of daai neef van pappa wat die fabriek besit naby die lughawe.

Fok, laat ons nou die te diep in hierdie storie indelwe nie. Dis naweek en jy wil fokken duik, so ons handel dit eerste af en daarna kan jy na die video hieronder kyk as jy durf…

naweek

Hierdie post is 403 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,737,991 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDis naweek, kom ons fokken duik!