Dis naweek, kom ons fokken duik!

In Dis naweek kom ons fokken duik! deur griffin

Sorry outjies, ons het baie kak om uit te sort vir die naweek, so ons duik vroeg vandag. Die Watkykjy Pre-Apokalyptic Year-End Function ontplof more (Saterdag) by Zeplins en hierdie is jou laaste reminder. Die VIP tickets is uitverkoop en die early bird tickets is uitverkoop. Jy kan nog tickets teen gewone prys online koop. Ons raai maar aan dat jy online koop, want Zeppies kan ook net soveel mense handle vir die aand. Jy sal nog by die deur ook kan koop as jy lucky en vroeg genoeg is.

Daar is fokken massive sound gereel vir die aand, MK kom afneem, ons het LCD screens, kick-ass ligte, smoke machines en fokweet wat nog. Die gelukkige VIP outjies kry elkeen 'n fokken cool limited edition t-shirt, 'n Rolling Stone magazine, 'n free nuwe secret bier, 'n boerie gebraai deur Braaiboy, 'n shooter of vier en snacks.

Entertainment vir die aand: Feed The Wolf, Die Antwoord, The Wedding DJs. Sien julle daar!

die naweek gwap skiet pap

Om jou naweek in te gaan gooi ons sommer twee videos ook in die mix in. Die eerste een is 'n doodnormale video van puppies wat ook smaak van duik. Griff se honde, in fact. Heel cute en so aan, want die tweede video is heeltemal die teenoorgestelde… Bizarre fokken kak as jy al ooit iets gesien het…

Dit bring ons by die tweede video. En nou sak ek af op my knieë, trek aan jou broekspype en slaan op my borskas terwyl ek met skuim om my mond en trane in my oë by jou wil weet presies wat die FOK in hierdie video aangaan?!

Jirre, have a heart! Jy mag nie kroek nie – kyk die hele agt minbute, hoor jy my?

Hierdie post is 421 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 1,469,440 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinDis naweek, kom ons fokken duik!