Hierdie is for reals, peeps! Iemand het actually die zefste club in Suid-Afrika in een van die larneyste dele van Joburg gaan oopmaak. Nie sommer enige club nie – ‘n dertig miljoen Rand club wat van sy gesig af pomp.
Ladies and gentlemans, I presents for you Avastar – ‘n 2500 vierkante meter club wat op een idee gebasseer is: die movie Avatar wat in 2009 uitgekom het. Jy weet, daai fliek waantoe jy jou ouma gevat het en sy jou na die tyd getune het: “Die Smurfies het mooi groot geword!”
Die club het 8 bars, ‘n semi-VIP section, ‘n VIP section, ‘n cigar lounge en ‘n VVIP section (met double glazed bullet-proof glas), jy weet, vir as Cosatu dalk wil kom meetings hou. A VIP within a VIP – Inception vibes. Die plek vat amper die helfte van Rivonia se real estate op. Daar is fokken ligte. Orals. Teen die dak, die mure, in die bars se counters ingebou. Even in die glas waaruit jy jou dubbel brannas drink. In fact, jou glas het ‘n switch aan die onderkant sodat die liggies teen drie verskillende speed settings kan uitfok op die beat en jou ‘n epilêktriese aanval kan gee. O ja, en alles is ingevoer. Van die matte en bar counters se lava tiles, tot die kakhuise self. Shwuaaaaf, my bra!
Hulle het ook gereeld kaalgat Smurfies wat daar dans blou geverfde topless chicks (die tiete is wel fraai) wat dans langs vulkane wat ontplof (sexual unuendo, my china) op dansvloere wat verlig word soos jy oor die teels wals met jou klompe of windsurf met ‘n vars stukkie in ‘n kort rokkie nadat jy vir haar die obligatory Avastar cocktail aangeskaf het om haar haar hartjie bly te maak.
Soos met enige club het Avastar sy gewone reels maar daar is so paar special reels ook:
If you approach a woman you have to buy her an Avastar drink.
If you approach a table of women you have to buy them each the Avastar drink.
Avastar believes in women’s security and so all women must be treated with respect.
Chicks moet bo 21 wees om te mag enter en ouens moet at least 23 wees. Dis seker maar om die studente uit te hou of iets, maar ons skiem dit het dalk te doen met chicks wat ouens wil optel wat at least ‘n werk het. Zef, dog stylvol. Die Smurfies se nemesis, Gargamel club se eienaar, Mike Basson, het ons vir ‘n toer deur die plek gevat. Check, die ou is buddies met David Hasselhof en hy help hulle blykbaar met PR en om celebrities in te kry vir special aande, so moenie verbaas wees as jy dalk in Gary Coleman, Jan-Michael Vincent of die actors wat die suits in Dinosaurs gedra het vasloop nie. Dik connections. Ons het dik ge-kettie geraak die aand en met almal gaan chat en eventually ons naam poes gaan maak op al agt die dansvloere. Hier is wat ons van die aand kan onthou. Ongelukkig moes ons die ding op Vimeo klap vanwee die blou geverfde tiete. YouTube druk ons ‘n pit.
Lekker, huh? Dis fokken defnitief iets om op jou bucket list te add. Ek meen, was jy al ooit in ‘n joint gewees wat ‘n kruising is tussen Las Vegas en Vereenigning? Ek het nie so ge-fokken dink nie! Maak ‘n plan om at least een aand daar te gaan kuier. Dis defnitief die fokken moeite werd. Kry jou laaste zef boyscout stempeltjie vir jou collection. Vat een vir die team. Hier is die website as jy meer info soek: http://www.avastar.co.za.
Hierdie is net te awesome om dit nie met jou tjommies te deel nie, so check die icons onder hierdie post en looi daai Facebook en Twitter shares. Dis nie aldag wat Watkykjy goud ontdek nie…
Maar hey, moenie ons woord sommer net so vat nie. Kry bietjie die eienaar se objektiewe mening ook en onthou: What happens in Avastar, stays in Avastar (tensy jy ‘n video vol blou tiete laai en dit op Watkykjy looi…)
UPDATE:
Iemand het hierdie spoof gemaak. Weet nie wie de fok dit is nie, maar jirre, dis snaaks:
Watkykjy staan op 3,091,023 post views in totaal sedert 1 November, 2019.