Peach Van Pletzen van Yesterday's Pupil het ons laat weet dat sy nuwe album beskikbaar is vir mahala. Dis reg, jy kan die hele fokken album verniet download. Wat sy nuwe album befok maak is dat dit in drie dele opgedeel is: Deel 1 – Singularity, Deel 2 – Duel! en Deel 3 – Formative Years. Dis defnitief iets wat jy by jou music collection will byvoeg.
Die bra het baie harde werk in sy musiek ingesit, so dis nie sommer net 'n album wat in one shot uitgekak is en op 'n CD gemoer is nie. Daar was omtrent 'n 2 maand interval tussen elk van die dele van die album wat elk twee songs contain. Hy het dus omtrent 'n maand aan elke song spandeer en dis duidelik dat sy harde werk die moeite werd was.
Elkeen van die die drie dele van die album bevat ook art work, Peach se notes oor die die proses wat dit vereis het om die tunes te skryf asook die lyrics. Dis min dat artist so baie moeite insit vir iets wat hulle verniet weggee. In Suid-Afrika in elk geval.
Jy kan die nuwe album, artis notes en lyrics hier gaan download: http://www.facebook.com/yesterdayspupil?sk=app_326146807456092
Terwyl jy dit download, kyk sommer na die music video vir "2 Tired 2 Disco" (uit deel 1) wat deur Louis Minnaar aanmekaar gesit is. Fok man, ek wil ook 'n robotmannetjie vriend hê! Jissis.
Ek dink ons moet bietjie saam met die bra 'n bier gaan drink en met hom gesels vir julle…
Watkykjy staan op 3,116,896 post views in totaal sedert 1 November, 2019.