So die Goodman Gallery het ‘n uitstalling gehad deur Brett Murray wat deel gevorm het van sy Hail To The Thief II waarin hy President Stortkop se piel by sy broek laat uithang het. Lekker punt in die wind wat mens sou laat dink dat Zuma se nuwe nickname nou Jacob Regop sou wees. Dis nie ‘n particularly goeie painting nie en mens sou dit net ‘n glance gegee het en miskien ge-smirk het. Niemand het juis van die uistalling geweet totdat die ANC hulleself toegekak het nie. Daar was actually genoeg kak om mure om die oop toilette te bou wat so groot spies in die sy was so twee jaar terug. Fokweet, soos met alles het hulle about eers twee weke later agtergekom dat ons geliefde prez se toggos by hom broek uitgehang het en gereig met hofsake teen die Gallery en City Press wat die foto op hulle website gesit het. Ironies genoeg het die pic al deur die hele bliksemse internet verspei en pryk op genoeg websites wat Citi Press se getalle maar klein laat lyk. Hulle sal die internet dus moet hof toe vat, soos toe Juju ‘n hele ruk terug gedreig het om Twittter toe te maak. Hierdie foto pryk oop op Wikipedia, so sleep hulle sommer ook fokken hof toe, Zum-Zum.
Die ding wat jy jouself moet afvra is: Hoekom het hierdie ou vir Zuma met sy piel uit depict? Dis nie asof Zuma op ‘n stadium vir verkragting aangekla is nie. Dis nie asof hy Irvin Khoza (Chairman van die 2010 FIFA World Cup Local Organising Committee) se dogter genaai en ‘n love child by haar verwek het nie. Dis nie asof hy ses vrouens het nie? Dis nie asof hy 22 kinders het nie? Dis nie asof hy in publiek verklaar het dat hy ‘n stort gevang het om AIDS te probeer verhoed het nadat hy iemand HIV+ gezaber het nie. Hoekom dan sy piel so rondsleep in die media en orals oor die interwebs? O wag, miskien omdat mens jou piel gebruik om so baie te naai wanneer jy ‘n land moet run. Ek weet nie van julle outjies wat zabers het nie, maar as ek die ding nie gebruik om te pis nie hou ek nogal daarvan om met hom riem te ruk (bly weg van facial scrub af) en veral (as eerste prys) om met hom te naai. Miskien was dit waaroor die social commentary was? Jirre as ek so baie moes naai en moes fight vir my naam in die hof sou ek beswaarlik ‘n klein plekkie soos Orania kon run, nevermind Suid-Afrika nie. Big ups to you, prez.
Activists wat die hoppende fok in was oor die uitbeelding het verf oor dit gaan uitkont. Dit nadat die painting omtrent twee weke terug reeds aan iemand verkoop is vir oor die R100k. Dis soos om na iemand toe gaan wat jou geld skuld en iemand anders se huis oppas. Deur wie se karvenster kont jy ‘n baksteen? Die ou wat jou die geld skuld of die huiseinaar se Golfie se venster? Miskien lewer dit dalk nog meer kommentaar. Dalk wou hulle vir hom ‘n effie geverf het om sy piel uit die moeilikheid te hou. Miskien is daar nou letterlik ‘n klad op President Piele se vleisgeweer? Dalk is dit simbolies van alles in ons land wat opge-cover word. Fokken tendencies, pappa! Die sklidery is dalk nou nog meer werd, want dit verklap defnitief iets van die regering se mentaliteit en hoe sosiale kommentaar hanteer word. If you cant stand the heat, don’t put out a tender to build a kitchen…
En mens wonder verder hoekom die noodlot juis vir Zuma so hard poes? Het dit dalk met respek te doen? Hoekom het Nelson Mandela fokken groot statues van hom op Sandton Square en by die Waterfront? OK, die een in Sandton lyk bietjie kak met die kop wat uit verhouding is, maar jy kry die idee. Hoekom is daar nie kaal foto’s van Mother Theresa nie? Hoekom kry mens foto’s van Britney Spears se geskeerde gwap as sy dronk by ‘n kar uitdonner? Hoekom het Paris Hilton sulke glaserige night-vision-cam ogies in ‘n video terwyl ‘n bra haar wors van agter af voer?
Die kort antwoord is – hulle het hulleself in daardie posisies geplaas. Sorry bra, maar jy word nou deur jou piel define soos wat Juju deur sy houtwerk define word.
En laastens, as die Spear/Smear of The Nation poster so groot fokken bohaai gemaak het in die afgelope week, hoekom het niemand oor hierdie painting gekots en gekerm nie? Dis al terug in 2010 deur Ayanda Mabula geverf. Gods ouens, as julle weer skrik, skrik bietjie vir ‘n slag fokken wakker.
Almal, sing saam: “I see a penis and I want to paint it black”
Die “defacing”:
Watkykjy staan op 3,048,217 post views in totaal sedert 1 November, 2019.