Ons het bietjie saam met die ouens (Brett Wild, Anton Crone en Blink Stefanus) gaan party die aand voor hulle in hulle Smart karretjie geklim het om in Afrika in te fok. Daar was 'n bra, Kurt Schlechter, wat die weirdste fokken drinks aanmekaar geslaan het. Stuff soos Biltong Mojitos. Ja, biltong mojito's. Weet jy hoe fokken weird klink dit en hoe fokken lekker is dit?
Dit was ook later tyd vir shooters gewees; Suid-Afrika het mos 'n fokken drankprobleem. Nie straight up Jagies of tequila nie. Fok dit, die ou het vir ons carrot cupcakes gemaak (wat actually pampoen, cream en tjoklit sprinkles is met fokweet watse alkohol – dit kon net sowel striaght ethanol gewees het, wo cares?). Ek het nog nooit so baie fokken pampoen in my lewe gedrink nie. Jirre maats, dis soos seks vir jou mond.
Hierdie bra doen hierdie tipe goed virre lewe: hy slat uit by parties met 'n mobile unit wat lyk soos iets uit Dexter's lab uit gekruis met Frankenstein se mad scientist en 'n standerd 3 biologie klas (sonder die duif wie se nek jy moet omdraai) en begin te fokken mix en flare en drinks te gooi dat die rook trek. Letterlik. Hy was ook die wenner van die eerste internasionale Olmeca Margarita contest gewees in Mexico.
Fok, dit – hy kom kuier by my volgende party…
Julle kan die ouens in die Smart kar volg op http://www.smartinafrica.co.za en gaan gee vir hulle bietjie so paar challenges om te doen op hulle Facebook page. 'n Chick het reeds voorgestel dat hulle die kar moet optel en oor die Botswana grens moet dra…
Hier is so glimpse van die party.
PS: Pampoen gee mean fokken hangovers en ons het die volgende dag soos Malema gehuil, maar dit was beslis die moeite werd…
Watkykjy staan op 3,049,160 post views in totaal sedert 1 November, 2019.