Teen die einde van die maand behoort die Kings genoeg Zak te hê om die Ellis Park by die Lions te koop.
En nee, ons praat nie hier van die Kings11 Punjab nie, dis daai manne van Port Elizabeth wat mos volgende jaar gaan Super Rugby jol.
Donner, hulle sukkel om die Vodacom Cup te wen, maar anyway, dit lyk nou (volgens betroubare bronne) of die manne van daai town waar die wind jou tune om te fokkof genoeg zak gaan hê om vir hulle een meer van 'n span te kan aankoop.
Of dit nou die Lions of Cheetahs is wat waai, maak nie regtig saak nie – die ouens lyk of hulle ge-gear is.
Maar wag vir dit, hier kom die irony soos 'n Benoni bitch uit die salon uit:
Dieselfde rykgatte wat voorheen die Lions gesponsor het, gaan nou 'n so paar pitte in Cheeky Watson se rigting gooi. Watkykjy het sopas verneem dat gerugte oor IT mongrel, (ja dis hoe hulle die bra noem) Robert Gumede reg is om sy miljoene in die Kings in te pomp.
Hy gaan glo SARU se aandeel in die setup uitkoop en dan sy bes try om te sorg dat die Kings DIE fokken main span word.
Goeie bliksem! Dis 'n moerse mission, maar kom ons kyk maar wat gebeur. Ons tune julle later vanaand meer spesifieke nuus met ñ press release.
Watkykjy staan op 3,048,735 post views in totaal sedert 1 November, 2019.