Mal moere beplan trip in Afrika in met ‘n Smart kar

In Snotstories deur griffin

Ons het 'n hele paar biere gaan drink saam met 'n mal soutie, Brett Wild wat 16 Mei saam met 'n tjommie in Afrika in gaan bliksem op 'n 5 weke trip. Hulle gaan dit nie in 'n fancy 4×4 doen met 'n support car of iets nie. Nope, hulle pak die trip aan in 'n Smart kar, daai klein verkakte 700cc karretjies wat altyd die helfte van 'n parking space volstaan by Pick 'n Pay as jy geskiem het jy't parking gescore, net om agter te kom daai ding staan daar.

Brett is 'n ou wat in die film industry werk en het vir een af ander rede op hierdie dom trip besluit, maar hy vat ook vir Blink Stefanus saam op die trip om met so paar blink idees op te kom, sou hulle dalk in die kak beland.

Ons sal julle volgende week wys waaroor ons alles met die bra gesels het. Hy is donners interesting en fokken snaaks. Die week daarop gaan die ouens waai, maar ons sal die kamera saamneem om so paar afskeidsdoppe te gaan klap. Ons sal julle dan ook vertel hoe julle deel kan word van hierdie epic dom avontuur. Yup, jy sal 'n kans kry om die ouens op bizarre missions in Afrika rond te stuur en in die proses vir jouself lekker pryse los te slaan.

In die meantime kan julle hierdie intro kokkenodge om nog so bietjie info te kry.

Hierdie post is 164 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.

Watkykjy staan op 2,146,990 post views in totaal sedert 1 November, 2019.

Share dit faktap
griffinMal moere beplan trip in Afrika in met ‘n Smart kar