Wat is dit wat sommige fotograwe die eerste keer laat dink het dat hulle actually in charge is van die show? Is dit pure arrogansie, of is daar meer fout as net dit met hulle?
Die musikant op stage is daar geplaas, op ‘n verhoog, onder intelligente ligte, met fokken drivers, ryders en liasons om dit alles te laat gebeur – vir daai wonderlike mense wat glo in die show. Wat die plan like, wat die bands wat geboek en betaal is ook like. Wat sy bucks gaan trek en in die bar kom indrink. Daai ou. Dis vir hom en haar wat die show is my ou. Nie vir die fokken fotograaf wat in sy faktap mind uitgewerk het dat ons almal so fascinated is met sy super oulike kamera soos hy/sy nie. NOT!
Ons wil die band sien, die kunstenaar, wat sy ballas op die blok sit en sy kuns vir ons gee sonder om te weet of ons dit gaan like of nie. Hy slaap swak voor daai show, hy werk hom op vir dit. Ons wil nie fotograwe op stage sien nie, daar is geen risiko vir jou nie, jou kuns werk nie ‘live’ nie. So, fotograaf, hier is die deal.
Jy is daar om foto’s te neem van wat gebeur. Jy se wat moet gebeur nie, jy record wat spontaan gebeur. Jy staan nie voor die musikant en pan so cool met jou voete in sideways skuifel voor ons verby nie. Ons het betaal om die musikant te sien, nie vir fokken jou nie. Fok van die stage af. As jy moet, kan jy vir jou ‘n band huur om af te neem.
Tot dan, neem af wat ons doen. En hou jouself uit die pad uit.
Poes.
PS: Bookings vir Kreef Hotel is nou oop vir die Oppikoppi Festival op hulle Facebook page. Like hom en volg die rooi krefie. Fok die white rabbit!
Groete,
Chris Kreef.
Watkykjy staan op 3,084,461 post views in totaal sedert 1 November, 2019.